FOTO: Instagram @britneyspears

Het jy gehoor?

Britney Spears wil gesin uitbrei

SARIE.com het twee maande gelede berig dat Britney Spears weer liefde gevind het, en blykbaar praat sy en haar nuwe kêrel, Charlie Ebersol, reeds daarvan om kinders te kry, berig In Touch.

’n Bron het aan dié Amerikaanse tydskrif vertel dat Charlie graag kinders van sy eie wil hê en die 33-jarige Britney het glo ingestem.

Britney is reeds ma vir die 9-jarige Sean Preston en die 8-jarige Jayden.

Britney se pa, Jamie, het glo ook reeds vir Charlie toestemming gegee om met sy dogter te trou, berig die skinderblad Radar.

Britney Spears en Charlie Ebersol FOTO: Instagram  @britneyspears

Britney Spears en Charlie Ebersol
FOTO: Instagram @britneyspears

Charlie het ’n oog vir ’n mooi meisie en het voorheen met die tennisspeler Maria Sharapova en die One Tree Hill-aktrise Sophia Bush uitgegaan.

Hopelik is Charlie die man vir Britney, want sy was tot dusver nie gelukkig in die liefde nie. Haar verhouding van 18 maande met David Lucado het sleg geëindig. Tydens ’n vertoning verlede jaar in September het sy aan die gehoor gesê: “Teen die tyd weet almal al my kêrel het my verneuk. Maar die beste deel van uitmaak is om weer op afsprake te gaan.” Daar het glo ’n video te voorskyn gekom waarop David ’n ander vrou soen.

Voor David het Britney ’n string ander verhoudings gehad. Sy was verloof aan haar agent Jason Trawick en getroud met Kevin Federline, die pa van haar twee seuns. Sy het ook in Las Vegas met haar hoërskoolvriend Jason Alexander getrou, en het glo ook met Colin Farrell, Jared Leto en Fred Durst van die groep Limp Bizkit uitgegaan. Britney en Justin Timberlake was aan die begin van hul loopbane ook ’n paartjie.

Britney en Charlie saam met haar seuns, Sean en Jayden FOTO: Instagram  @britneyspears

Britney en Charlie saam met haar seuns, Sean en Jayden
FOTO: Instagram @britneyspears

Is Charlie Britney se kans op ware liefde?

Bronne: Zimbio, Extra, In Touch, Radar