Britney Spears
Het jy gehoor?

Britney Spears wil weer trou – en dié wens sy vir ‘n dogtertjie

Britney Spears is gelukkiger as ooit. Die sangeres wil graag weer trou, en dié keer hoop sy dat daar ’n dogter uit die huwelik gebore word, berig People.

Britney, wat al twee keer in die skeihof beland het, sien weer kans vir trou. Sy vertel aan People

“Ek wil graag weer trou. Ek glo in die sprokiesverhaal.”

Die 33-jarige blondekop en haar kêrel van die afgelope ses maande, die TV-vervaardiger Charlie Ebersol, het nog nie planne nie, maar sy reken nou dat sy weet wat dit neem om ’n verhouding te maak werk: “Paartjies moet mekaar lief hê. Hulle moet op die regte manier met mekaar kommunikeer, eerlik wees en mekaar respekteer. Twee mense is nodig om werklik vir mekaar lief te wees.”

FOTO: Instagram @britneyspears

FOTO: Instagram @britneyspears

Britney is bewus daarvan dat sy nog baie het om te leer wanneer dit by sake van die hart kom: “Liefde is moeilik. Ek verstaan nie regtig liefde in ’n romantiese konteks nie. Met my kinders is die liefde onvoorwaardelik …”

Britney het twee seuns – Sean Preston (9) en Jayden James (8) – uit haar huwelik met Kevin Federline. Haar eerste huwelik met Jason Alexander het slegs 55 uur gehou.

FOTO: Instagram @britneyspears

Britney, Charlie en haar seuns swem saam met dolfyne FOTO: Instagram @britneyspears

“Ek is baie tevrede met my twee seuns, maar dit sal lekker wees om ’n mini-me in die toekoms te hê,” het sy bygevoeg.

Lees ook