FOTO Unsplash / Chris Lawton

FOTO Unsplash / Chris Lawton

Het jy gehoor?

Britse premier, David Cameron bedank

David Cameron het die brawe stap geneem om te bedank as die premier van Brittanje. Die stap kom kort nadat meeste Britte gestem het dat dié land uit die Europese Unie moet bedank.

Die uitslag van die referendum was 52 % vir onttrekking uit die EU. Cameron self was ’n voorstander daarvoor dat Brittanje deel van die EU moes bly. Hy het in ’n emosionele toespraak buite Downing Straat 10 aangekondig dat hy as premier gaan uittree.

Hy was 6 jaar lank aan die stuur van sake  en hy het verduidelik dat daar in hierdie tydperk baie positiewe veranderinge in die land was, wat bygedra het tot die welstand van sy burgers. Maar hy glo ook dat mens nie moet skroom om groot besluite te neem nie, en noudat Brittanje sy stem laat hoor het, moet hy gehoor gee daaraan. Hy voel die land het nou nuwe leiers nodig om die land te lei en seker te maak dat die formele uitgang uit die EU reg verloop, berig The Telegraph.

’n Emosionele Cameron het  beklemtoon dat dit nie ’n  maklike besluit was nie, maar dat hy glo dit is die regte een. Hy het  koningin Elizabeth reeds ingelig oor sy besluit. Hy het bygevoeg dat Brittanje oor drie maande reeds ’n nuwe premier sal hê wat die onderhandelings met die EU sal lei.

Kyk HIER na sy toespraak:

Lees nou

Historiese midwinter-reddingsvlug na Suidpool suksesvol