deon_lotz_2
Het jy gehoor?

Britse toekenning vir onse Deon Lotz

George was tiende op die beoordelaars se lysie en onse Deon negende. Dominic Cooper van The Devil’s Double, My Week with Marilyn en Captain America het met die louere as beste akteur weggestap.

Die toekennings word deur die Britse Critic’s Circle gedoen, wat uit meer as 120 lede bestaan. Oliver Hermanus van Skoonheid was tiende op die lys van beste regisseur.

Skoonheid het wel nie die Oscar-benoemings gehaal nie (dit was Suid-Afrika se inskrywing), maar hier wen hy vir George Clooney, het Deon tong in die kies gesê. Clooney is vir ’n Oscar benoem vir sy rol in The Descendants. “Dis lekker om te weet jy word raakgesien,” het Deon bygevoeg.

* Lees die onderhoud met Deon Lotz in die Maart 2012-uitgawe van SARIE (vanaf Maandag 13 Februarie te koop)

DIE SKOONHEID-SPANIN CANNES 2011

Van links is mede-akteur Charlie Keegan, Deon, aktrise Michelle Scott en regisseur Oliver Hermanus

Die span van Skoonheid in Cannes