Het jy gehoor?

Brooklyn Beckham word groot én aantreklik!

“Dankie, Brooklyn, die aantreklikste man in die vertrek, dat jy my metgesel is,” het Victoria Beckham gesê toe die Britse glanstydskrif, Glamour, haar gisteraand by hul Women of the Year-toekennings as die vrou van die dekade aangewys het.

Manlief David was nie aan dié Briste mode-ontwerper se sy met dié toekennings nie. Sy het eerder hul jong, aantreklike seun, Brooklyn, saamgenooi.

Victoria saam met die model Jourdan Dunn.

Die model, Jourdan Dunn het een van Victoria Beckham se ontwerpe by die Glamour Women of the Year-toekennings gedra. Victoria het dié foto van haarself saam met die lang model getwiet.

“Vanaand gaan daaroor dat ons vroue moet vier. En dis hoekom ek hier is, want ek is lief vir vroue. Dit gaan als oor vroue wat gaaf is met vroue,” het sy vir Glamour gesê.

Daniel Radcliffe, oftewel Harry Potter, was ook by die geleentheid om sy toekenning as man van die jaar te ontvang, maar Brooklyn het beslis die kollig gesteel! Kyk net hoe aantreklik was die jong Beckham op E! Online.

[box:full:red:both]

Rebel Wilson op die Britse Glamour se voorblad.

Rebel Wilson (Pitch Perfect, Bridesmaids) het die toekenning vir rolprentaktrise van die jaar gewen. Sy het Pitch Perfect-aanhangers hoop gegee dat ons haar weer as Fat Amy op die silwerskerm sal sien toe sy vertel het dat die draaiboek vir Pitch Perfect 2 reeds geskryf word!

[/box]