bruce-jenner-woman-star-cover__oPt
Het jy gehoor?

Bruce Jenner breek sy stilte

Dié realiteitster wat veral bekend is as die man van Kim Kardashian se ma, Kris Jenner, het uiteindelik erken dat hy besig is met ’n prosedure om van geslag te verader, berig Buzzfeed

Hy het met Diane Sawyer van ABC News in ’n eksklusiewe onderhoud gepraat oor wat al vir meer as ’n jaar vermoed word. Skinderblaaie het die afgelope paar maande wyd gespekuleer oor die feit dat Bruce, wat eens ’n goue medalje by die Olimpiese Spele gewen het, ’n vrou gaan word. Hy het by die 1976-spele dié medalje gewen vir tienkamp.

“Ek is niks as ek nie myself kan wees nie, as ek nie eerlik met myself kan wees nie,” het Bruce gesê. Hy het reeds in die 1980’s begin met hormoonbehandeling, maar het dit gestaak omdat sy kinders uit sy tweede huwelik met Linda Thompson nog te jonk was. Maar hy het altyd gevoel hy jok vir homself. “My brein is meer vroulik as manlik.”

Hy het deur die onderhoud as Bruce in die derde persoon gepraat. “Bruce leef ’n leuen, sý is die werklikheid, en ek kan nie meer so aangaan nie,” het hy baie aangedaan vertel.

Oor die Kardashians sê hy dat Khoe dit die moeilikste verwerk. Hy sê ook dat Kim dit heel eerste geweet het ná sy hom in ’n rok betrap het. “Ons het nie weer daaroor gepraat nie. Ek het haar ’n tyd daarna gevra of sy ok is, sy het gesê dis ’n onderwerp waaroor sy nie gemaklik is om te praat nie. Tog het sy onlangs na my toe gekom om te sê haar man, Kanye West, het haar gehelp om dit beter te verstaan en dat sy dit aanvaar.”

Hy het reeds op ’n vroulike naam besluit, maar wil dit nog nie bekend maak nie.

Bruce se hele verhaal sal in ’n agt-episode mini-reeks vertel word wat 26 Julie op E! Entertainment in Amerika sal begin.

Kyk hier na ’n uittreksel van dié onderhoud: