Bruce Springsteen
Het jy gehoor?

Bruce Springsteen kom na SA – PLUS só kry jy die ‘rock’-styl

Die groot nuus het gister gebreek – Bruce Springsteen en die E Street Band kom volgende jaar vir die eerste keer in Suid-Afrika optree. En met die nostalgie wat dié nuus ons bring, het ons weer na die rock-voorkoms gehunker.

Bruce, of The Boss, soos wat hy ook bekendstaan is een van die musikante wat al die meeste albums verkoop het en spog met 20 Grammy toekennings, 2 Golden Globes (vir “The Wrestler” en “Streets of Philadelphia”) en een Oscar (“Streets of Philadelphia”).

Met ikoniese liedjies soos “Dancing in the Dark”, “Born in the USA” en “Thunder Road” kan ons nie anders as om die rock-voorkoms weer te herontdek nie. Boonop is die rock-trend weer groot vir volgende jaar se winter. Louis Vuitton se mode-ontwerper Marc Jacobs se nuutste reeks bestaan byna nét uit die rock-voorkoms – kyk na die foto’s hier.

Bruce Springsteen

Wat sê die Afrikaanse sangers?

Van ons gunsteling Afrikaanse sangers was baie opgewonde toe hulle hoor dat The Boss Suid-Afrika gaan besoek. Dít is wat hulle op Twitter gesê het:

Screen Shot 2013-10-29 at 11.48.25 AM Screen Shot 2013-10-29 at 11.48.13 AM Screen Shot 2013-10-29 at 11.48.06 AM Screen Shot 2013-10-29 at 11.47.56 AM Screen Shot 2013-10-29 at 11.47.47 AM Screen Shot 2013-10-29 at 11.47.37 AM Screen Shot 2013-10-29 at 11.47.08 AM Screen Shot 2013-10-29 at 11.47.02 AM

Die Reb-Elle-voorkoms

Klik hier vir wenke hoe om dié vookoms te kry

Rocker in jou klerekas

FOTO: Cotton On (Verskaf)

FOTO: Cotton On (Verskaf)

Nala-T-hemp en Necklace With Star Pendant

Studded Cross T Shirt en Abi tote bag van Erato

Scarf With Star Print en Light Wash Jeans

Pleather Jacket With Quilting en Black Ankle Boots With Studs

Vertonings:

28 en 29 Januarie 2014 by die Bellville Velodrome in Kaapstad en

1 Februarie 2014 by die FNB Stadium in Johannesburg.

Kaartjies vir Johannesburg kan van Woensdag (30 Oktober) gekoop word en Vrydag (1 November) kan die Kapenaars hul plekke bespreek op www.bigconcerts.co.za en Computicket.

Sien jy uit vir Bruce se vertonings? Watter lied is jou gunsteling?