article_2258258_16c8e7a9000005dc_849_634x593
Het jy gehoor?

Bruce Springsteen se talentvolle dogter het ‘n Olimpiese droom

Die 21-jarige Jessica Springsteen (regs op foto bo) is die enigste dogter van musikant Bruce Springsteen en Patti Scialfa, en ‘n gesoute perderuiter al vandat sy 15 jaar oud is. Haar beroemde ouers het haar die afgelope naweek tydens die The Trump Invitational $100,000 Grand Prix in Palm Beach ondersteun.

Jessica kry haar passie vir perde beslis van haar ma, Patti – ‘n sanger-liedjieskrywer en mede-lid saam met Bruce van die E Street Band – en het blykbaar haar visier op die 2016 Olimpiese Spele in Rio.

Tydens die E Street Band se konsert in Parys met hul 2012-toer het Bruce sy pragtige dogter op sy gewilde Dancing in the Dark op die verhoog genooi om saam met hom te dans.

Jessica is tans besig met haar graad in sielkunde aan die Duke Universiteit in Noord-Carolina en sy het 2 broers, Evan (22) en Samuel (18).

JESSICA SAAM MET BRUCE SPRINGSTEEN OP DIE VERHOOG IN PARYS