FOTO: Instagram @emmahemingwillis

FOTO: Instagram @emmahemingwillis

Het jy gehoor?

Bruce Willis: Sestig én vol sjarme

Bruce Willis is sestig en steeds vol sjarme! HELLO! berig die Die Hard-akteur het Saterdag sy verjaarsdag saam met vriende en familie in New York gevier het. 

Bruce se vrou, Emma Heming-Willis, het dié foto’s op Instagram gedeel: “Die verjaarsdag-seun het ’n gawe tyd gehad,” het sy onderaan die foto geskryf.

FOTO: Instagram @emmahemingwillis

FOTO: Instagram @emmahemingwillis

Bekendes soos Tony Bennett en Keith Richards het ook die partytjie bygewoon.

Bruce se dogters Tallulah en Scout was ook daar. Rumer kon nie die geleentheid bywoon nie, want sy is deel van Dancing with the Stars. Sy het wel dié boodskap op sosiale media gedeel: “Gelukkige 60ste Papa. Ek is baie lief vir jou. Dankie dat jy my geleer het om net so prettig, slim en speels soos jy te wees. Ek is so dankbaar om jou my pa te noem.”

Sowat ’n week gelede het die trotse pa en sy voormalige vrou, Demi Moore, hul 26-jarige dogter, Rumer, toegejuig toe sy en die danser Val Chmerkovskiy hul passies op die Dancing with the Stars-dansvloer uitgevoer het.

FOTO:  Instagram  @emmahemingwillis

FOTO: Instagram @emmahemingwillis

Bruce en Emma is in 2009 getroud en het saam twee kinders – Mabel Ray (2) en Evelyn Penn (1).

Lees ook