FOTO Facebook

FOTO Facebook

Het jy gehoor?

Brümilda en Helen Mirren skitter in bikini’s!

Ons sê dit, ons glo dit, ons leef dit uit: Ouderdom is nét ’n getal. Of jy nou 20 of 80 is, niks en niemand mag jou selfvertroue inperk nie. Die afgelope paar weke het die 59-jarige aktrise Brümilda van Rensburg ’n foto van haarself in ’n sexy bikini op Facebook gedeel. Sy mag maar, want sy lyk fantasties! 

Brümilda word volgende maand 60.

Dié foto laat ons dink aan die Britse aktrise dame Helen Mirren se bikini-foto wat die internet laat gons het. Toe die foto geneem is, was die aktrise al 62 jaar oud! En sy was geensins skaam om in ’n bikini op die strand te baljaar nie.

Praat van rooi bikini’s! Het jy geweet die bikini is vanjaar 70 jaar oud?

Hier is ’n paar feite oor die swembroek wat jy dalk nie geweet het nie:

– Die bikini is genoem na die Bikini-ringeiland (atoll) in die Noordelike Stille Oseaan waar die VSA die atoombom getoets het. Hoekom? Nes die atoombom het die bikini ook ’n geweldige impak op dié land gehad.

– Die grootste bikini-parade nog is in 2009 in Johannesburg gehou. Die vroue het dit gedoen om mense meer bewus te maak van borskanker.

Kyk die video hier:

– Die wêreld se duurste bikini kos $30 miljoen (sowat R431 miljoen). Dis ontwerp deur Susan Rosen en bestaan uit meer as 150 karaat diamante, berig Express UK.

Marilyn Monroe het vir die laaste keer in ’n bikini verskyn in die rolprent Something’s Got to Give (1962)

Die webtuiste Mode het ’n video gemaak waar verskeie swemklere op een model geverf word. Jy lees reg! Die swemklere is op haar gevérf.

Van 1916 tot 2016, die gedaanteverwisseling van die baaikostuum: 

Lees nou

Kendall Jenner wys daar’s niks wat slaap nie kan regmaak nie

Oscar-beeldjie vir Emma Stone?

Supermodel se dogter gesig van Marc Jacobs