Het jy gehoor?

Bryan Adams en sy vele meisies

 

Hy het al van die beroemdstes in die vermaaklikheidsbedryf afgeneem. Die bekende model Elle MacPherson (vir Harpers Bazaar, Januarie 2008), Mick Jagger (vir Zoo se Februarie 2008 uitgawe) en van sy meer onlangse “modelle” sluit Jared Leto (van die rock-groep, 30 Seconds to Mars) en Tilda Swinton, bekroonde aktrise en een van ons dekade se beroemdste modelle, in. Sy is veral bekend vir haar Pringle-advertensieveldtog en haar “anderste” soort skoonheid. 2 SA celebs was ook al op Adams se lens vasgevang – Die Antwoord se Yo-Landi Vi$$er en “Ninja”. (Daardie zef-groep waaroor almal gons.)

In 2005 het Bryan Adams en Calvin Klein ‘n suksesvolle boek, American Women, gepubliseer, bestaande uit ‘n versameling swart-en-wit foto’s.

Hierdie jaar het Adams en Calvin Klein weer saamgespan en Adams het foto’s van Julianne Moore, Renee Zellweger, Ginnifer Goodwin, Kerry Washington, Lucy Liu, Dree Hemingway (kleinkind van die bekende skrywer Ernest Hemmingway), Tonne Goodman, Cynthia Nixon, (Sex and the City), Hilary Rhoda, Desiree Rogers, Katie Lee, Mamie Gummer, (dogter van Meryl Streep) Brooklyn Decker, Iris Apfel (89-jarige Amerikaanse besigheidsvrou, voormalige binneshuis-ontwerper, en New York mode-ikoon), Kelly Klein, Mila Kunis, Marilyn Minter, en Jerry Hall (beroemde model) geneem. (Bron: www.vogue.com)

Kyk na die treffende foto’s hieronder

Bryan Adams en Calvin Klein-versameling

Julianne Moore
Iris Apfel, 89 jarige sakevrou, voormalige binneshuise-ontwerer en  mode-ikoon
Cynthia Nixon van Sex in the city Aktrise
Lucy Lui


Renee Zellweger Model en agter kleinkind van die bekende Ernest Hemmingway, Dree Hemmingway
Legendariese model, Jerry Hall Model en aktrise, Mamie Gummer, dogter van Meryl Streep

Die foto’s is nou te koop. Die winste gaan aan Vigs-bekamping. Vir meer inligting om ‘n foto te bestel, e-pos: calvinkleinpublicrelations@ck.com.