Die manne van Romanz FOTO: verskaf

Het jy gehoor?

Burgerd van Romanz praat toekomsplanne

Burgerd Botha, een van die musiekgroep Romanz se vier lede, gesels met SARIE.com oor die hoogtepunte in sy loopbaan en sy planne nou nadat die groep opgebreek het.

Wat beplan Romanz se Adam en André? Lees hier

Wat was vir jou die hoogtepunt van jou tyd by Romanz?

Daar was só baie, maar die optrede in 2011 by die troue van prins Albert en Charlene in Monaco was onvergeetlik!

Burgerd, Adam, Louis Loock (wat die groep intussen verlaat het) en André by prinses Charlene

Burgerd, Adam, Louis Loock (wat die groep intussen verlaat het) en André by prinses Charlene en prins Albert se troue in Monaco

Watter oomblik in die groep sal jy altyd kan onthou?

Die oorverdowende klank van 50 000 mense wat die volkslied saam met ons sing by die rugbywedstryd teen die All Blacks in Bloemfontein.

Waarna sien jy die meeste uit in jou nuwe lewe?

Nuwe geleenthede. Om myself te verryk met nog kennis en vaardighede met die nuwe uitdagings wat na my kant toe kom. Ek en Zita (Pretorius) is ook onlangs getroud en om saam met my sielsgenoot die lewenspad te stap, is waarna ek die meeste uitsien!

Burgerd geniet 'n sushi-ete FOTO: Twitter

Burgerd geniet ‘n soesji-ete
FOTO: Twitter

Wat presies beplan jy nou vir die toekoms?

Met twee passievolle sangers in een huwelik roep ’n duetloopbaan.  Ek en Zita tree reeds oral saam op. Ons eerste vrystelling, “In die hemel blou”, word tans op radiostasies gespeel. Nóg duetliedjies word opgeneem vir vrystelling op haar nuwe album, wat in April verskyn. ’n Volle duet-album is ons volgende projek. Ons sal ook steeds elkeen op ons eie solo loopbaan fokus. Verder is ek ook betrokke by ander fasette van die musiekbedryf.

Burgerd en sy sangeres-vrou Zita Pretorius FOTO: verskaf

Burgerd en sy sangeres-vrou Zita Pretorius
FOTO: verskaf

Hoe gaan jy dié uitdagings aandurf?

Met die Here se hulp en leiding, Zita aan my sy, en die ses jaar se ondervinding wat ek in die musiekbedryf opgedoen het, is geen berg te groot nie.

Wat het jy geleer uit jou tyd as lid van Romanz?

Die lewe is ’n geestelike reis, jy kan nooit genoeg kennis hê of genoeg lewenslesse leer nie.

Die gewilde groep, waarvan Burgerd, André Venter, Adam Barnard en Christopher Lee almal deel was, het gister hul uittrede aangekondig. Lees hier meer.