Het jy gehoor?

Cadbury-Gorilla bereik celeb-status

Die liefdevolle Cadbury-gorilla wat agter sy tromstel op die kassie te sien is, is besig om ‘n plaaslike celeb te word. Hy’s die afgelope week op heelparty plekke gesien waar hy inkopies doen, saam met bekendes ontbyt eet en sjokolade uitdeel. Hy het ook in verskeie celeb-tydskrifte verskyn.

Op 23 Mei het hy by Radio Jakaranda se ateljee sy eerste publieke verskyning gemaak, waar hy sjokolade uitgedeel en plakkate geteken het. Die Afternoon Drive-aanbieders, Martin Bester en Riva Schoeman, het onderneem om die gorilla in die ateljee te kry en foto’s van hom te neem omdat hulle deel in sy liefde vir musiek en sjokolade.

Gorilla was glo so ingenome met Riva dat hy later weer by die ateljee wou verby om vir haar nog sjokolade te vat, maar sy kar het in Midrand gaan staan. Luisteraars is toe gevra om in te gryp. Radio Jakaranda het een gelukkige luisteraar R5 000 aangebied vir ‘n saamrygeleentheid! Hulle het ‘n verdere R10 000 aan een van die gorilla se gunsteling-liefdadigheidsprojekte geskenk – die Jane Goodall-sentrum in Nelspruit.

Loer maar oor jou skouer – die Cadbury-gorilla betrap jou dalk onkant . . .

Kyk die Cadbury-gorilla advertensie