FOTO: Instagram / @caitlynjenner

FOTO: Instagram / @caitlynjenner

Het jy gehoor?

Caitlyn Jenner gesig van H&M-sport

Caitlyn Jenner is nou die gesig van H&M, ’n Sweedse mode-kleinhandelaar, se sportreeks. Die veldtog fokus juis daarop om uniekheid te vier. Caitlyn het die afgelope week haar opgewondenheid op sosiale media gedeel.

 

Die 65-jarige Olimpiese held het in 1976 by die Olimpiese Spele in Montreal ’n goue medalje in die tienkamp gewen. Verlede jaar het Cailtyn, voorheen bekend as Bruce, die tydskrif Vanity Fair gekies om haar nuwe naam en voorkoms amptelik bekend te stel.

FOTO: Annie Leibovitz

FOTO: Annie Leibovitz

Caitlyn, toe Bruce, is in 2014 van Kris Jenner geskei ná ‘n huwelik van meer as twee dekades. Hul twee kinders, Kendall en Kylie, is uit dié verhouding gebore.

Kendall is ook ’n gesig vir die sportreeks Puma.

H&M het nog nie self bevestig nie.

Bronne: Fortune, Business Insider, Adweek

Lees nou