Het jy gehoor?

Calista Flockhart en Harrison Ford trou… uiteindelik!

Ford het op Valentynsdag verlede jaar vir Flockhart die jawoord gevra en hulle is Dinsdag 15 Junie 2010 in Nieu-Mexiko getroud. Ford is op die oomblik daar vir die verfilming van Cowboys and Aliens.

Die troue is gehou by die goewerneurshuis in Santa Fe, en die goewerneur het hulle persoonlik getrou. Flockheart se aangenome seun, Liam (9), wat sy in 2001 aangeneem het, was ook daar. Sy en Ford het mekaar by die Golden Globes in 2002 ontmoet.

Ford se huwelik met Flockhart is sy 3de een, en hy het 4 kinders.