Het jy gehoor?

Calvin Klein gebruik “plusgroot model”

Die bekende modehuis Calvin Klein het hul eerste veldtog met ’n groter model bekend gestel. En dít het groot polemiek veroorsaak …

Die 27-jarige Amerikaanse model Myla Dalbesio is deel van Calvin Klein se jongste veldtog wat bekendes soos Jourdan Dunn, Georgia May Jagger en Lara Stone insluit.

Myla het aan die Amerikaanse Elle gesê: “Ek is nie die grootse meisie op die mark nie, maar is definitief groter as al die meisies waarmee [Calvin Klein] al gewerk het.”

Myla sê haar foto’s is saam met die ander in die veldtog gebruik sonder om onderskeid te tref. Sy is ook nie gehuur as ’n plusgroot model nie, maar mense op sosiale media het vinnig gekla dat Myla, wat ’n Amerikaanse grootte 10 is (in Suid-Afrika ’n 12) nie ’n plusgroot model is nie.

Dít is wat mense op sosiale media gesê het:

Calvin Klein het in ’n persverklaring aan New York Times gesê dat hul The Perfectly Fit-reeks vir alle liggame gemaak is. Hulle het ook nie Myla ’n plusgroot model genoem of haar so voorgestel nie.

Het mense op sosiale media oorreageer? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!

Bronne: New York Times, Elle, Hello!

Lus om te lag?

Enkellopend-wees is glad nie lekker nie – dis dan baie moeilik om met jouself vas te dans! Bouwer Bosch en Bennie Fourie het Bobby en Karlien van Jaarsveld se lirieke gebruik om te kyk of hulle meisies kan beïndruk.

Kyk hierdie lekker-lag-video!