FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Cameron Diaz en Benji Madden is getroud!

Dit was ’n warrelwind-romanse met ’n vinnige verlowing. En volgens E! Online is Cameron Diaz en Benji Madden gisteraand in Beverly Hills getroud.

Die paartjie het glo voor sowat 100 gaste in Cameron se huis ewige trou aan mekaar beloof. Die onthaal was in ’n groot tent langs haar huis.

Die 42-jarige Cameron en 35-jarige rocker Benji het in Mei hul verhouding vir die eerste keer bevestig. Benji het toe die groot vraag ’n paar dae voor Kersfees gevra.

Volgens ’n bron het dié troue nie gelyk asof dit vinnig beplan was nie. Dit is ook nog onbekend of hul troufoto’s iewers gepubliseer gaan word.

Benji se skoonsuster Nicole Richie en Drew Barrymore was blykbaar Cameron se bruidsmeisies. Onder die gaste was bekendes soos Gwyneth Paltrow.

Bron: E! Online

Lees ook