Cameron Diaz FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Cameron Diaz, Gwyneth Paltrow en nóg sterre word 40

Gwyneth Paltrow het in ‘n onderhoud erken dat sy nou beter lyk as toe sy 24 was. Só berig www.imdb.com. Sy word op 27 September 40 jaar oud.

“Wanneer ‘n mens halfpad deur jou lewe is, vra jy jouself ‘n paar vrae. Dit het egter nog niks met oud word te make nie,” het Paltrow gesê. “Dit gaan meer oor wat ek bereik het, wat ek nog wil bereik en in watter rigting ek wil hê my lewe moet gaan. Ek hou daarvan om ouer te wees. Dit is lekker om jouself te ken, en ontspanne daaroor te voel. Ek is só gemaklik met myself nou,” sê sy.

Cameron Diaz skryf haar eerste boek op 40. Sy vier op 30 Augustus haar verjaardag en dit is nou algemeen bekend dat sy ‘n kontrak met die uitgewer HarperCollins het om ‘n goedvoel-gids met haar dieet- en oefenwenke uit te gee.  

Die aktrise Sandra Bullock meen haar 40’s is haar beste jare. Elke lewensfase kom met sy uitdagings.

Die sogenaamde middeljare-krisis kan voorafgegaan word deur dinge wat ‘n mens tipies in dié tyd beleef. Dit kan insluit die dood van ‘n ouer, kinders wat meer onafhanklik raak en die besef dat jy nie meer kan droom oor alles wat jy “eendag” wil doen nie. Eendag is hier – dis nou of nooit! Jy kan die behoefte ontwikkel om kerndinge in jou daaglikse lewe te verander, bv. jou loopbaan en huwelik.

Lees hier oor jou beste jare in jou 20’s, 30’s, 40’s en 50’s.

[box:full:red:both]

Nog bekendes wat vanjaar 40 word of geword het

Jennifer Garner – 17 April
Alyssa Milano – 19 Desember
Sophia Vergara – 10 Julie

Ben Affleck – 15 Augustus
Eminem
– 17 Oktober
Jude Law
– 29 Desember

[/box]