FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Cameron Diaz se nuwe liefde

Dit is amptelik: Cameron Diaz (41) gaan uit met Benji Madden (35). Die eerste foto’s van die twee is onlangs op The Daily Mail gepubliseer. Lees die volledige artikel hier.

Die gerugte het verlede maand nog rondgevlieg dat Cameron en die Suid-Afrikaanse miljardêr Elon Musk vir mekaar ogies maak, maar dié verhouding het óf nie uitgewerk nie óf nooit bestaan nie.

Lees die artikel oor gerugte oor Cameron en Elon hier.

Cameron en Benji lyk egter baie ingenome met mekaar. Die foto’s wys hoe hulle hand-aan-hand deur die strate van New York drentel, elk met ’n koffie in die hand.

KLIK HIER om die foto’s van Cameron en Benji saam te sien.

Benji was die kitaarspeler van die musiekgroep Good Charlotte en het onlangs ’n nuwe musiekprojek saam met sy tweelingbroer, Joel, begin. Hulle noem dit The Madden Brothers.

 @benjaminmadden

Benji Madden. FOTO: Instagram @benjaminmadden

Cameron en Benji lyk reeds baie ontspanne in mekaar se geselskap en het in gemaklike slenterdrag rondgestap. Haar hare was in ’n eenvoudige poniestert en dit lyk glad nie of die kameras die twee pla nie.

Cameron het onlangs in die romantiese komedie The Other Woman gespeel saam met Kate Upton en Leslie Mann. Haar nuutste fliek waarin sy saam met Jason Segel speel, Sex Tape, word volgende maand in Amerika bekend gestel.

Cameron met haar nuwe boek, The Body Book  FOTO: Instagram  @camerondiaz

Cameron met haar nuwe boek, The Body Book
FOTO: Instagram @camerondiaz

Bron: The Daily Mail

Nóg oor Cameron Diaz