FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Cameron Diaz verdedig haar beste vriendin

Vir Cameron Diaz beteken vriendskap só baie dat sy ’n radio-onderhoud stopgesit het toe ’n onderhoudvoerder haar beste vriendin beledig, skryf Us Weekly. Lees die volledige artikel hier.

In haar onderhoud op die Kyle & Jackie O Show op KIIS 106.5 in Australië het Cameron, wat binnekort in die fliek Sex Tape speel, die gesprek kortgeknip nadat aanbieder Kyle Sandilands ’n snedige opmerking oor Drew Barrymore se moeilike tienerjare gemaak het.

Cameron Diaz oor botox

Jackie O het gesê Cameron en haar Sex Tape-medester Jason Segel se dogter in dié fliek herinner haar aan Drew Barrymore in E.T. the Extra-Terrestrial.

Cameron het eers saamgestem, maar toe Kyle sê hy hoop die jong aktrise, Giselle Eisenberg, het nie dieselfde “dwelmjare” as Drew nie, het Cameron stil geword.

FOTO: Drew Barrymore se tweede baba

Drew, wat op 14 twee keer na ’n rehabilitasiesentrum moes gaan, is al vir jare ’n goeie vriendin van Cameron. Jackie het probeer om die onderhoud, wat telefonies gevoer is, te red, maar sonder sukses.

“Ek is seker, Kyle, dat jy nooit deur ’n dwelmfase moes gaan nie, of hoe?” het Cameron begin. “Of alkoholisme of enigiets van daai aard? Mooi skoon … dinge altyd reg gedoen? Geluk,” het sy gesê. In reaksie daarop het Kyle boonop die fout gemaak om Benji Madden op te haal.

Louis & Lise se Wie is ek: Saamleef met ’n alkoholis

Daar is gerugte dat Benji en Cameron, wat albei baie moeite doen om hul privaatheid te beskerm, deesdae ’n paartjie is.

Kort daarna het Cameron verduidelik dat sy en Jason, wat ook in die onderhoud was, moet gaan. Jackie het Kyle onmiddellik aangespreek, maar hy het geweier om verskoning te maak vir sy optrede en selfs bygevoeg dat dit juis die doel van ’n onderhoud is.

Klik hier om na die onderhoud te luister

Bronne: Us Weekly & KIIS 106.5

Nóg bekendes wat vriende is

  • Schalk Burger en Francois Louw

    Schalk Burger en Francois Louw FOTO: Instagram (@micheleburger1)

    Schalk Burger en Francois Louw
    FOTO: Instagram (@micheleburger1)

  • George Clooney en Brad Pitt
  • Melinda Bam en Karlien van Jaarsveld

    Karlien van Jaarsveld en Melinda Bam eet saam sushi FOTO: Instagram (@melindabam)

    Karlien van Jaarsveld en Melinda Bam eet saam sushi
    FOTO: Instagram (@melindabam)

  • Ben Affleck en Matt Damon
  • Taylor Swift en Karlie Kloss

    Taylor Swift en Karlie Kloss FOTO: Instagram (@taylorswift)

    Taylor Swift en Karlie Kloss
    FOTO: Instagram (@taylorswift)

  • Jennifer Aniston en Courtney Cox
  • Angelique Gerber en Donnalee Roberts

    Donnalee en Angelique Gerber by die première van Pad na jou hart FOTO: Twitter

    Donnalee en Angelique Gerber by die première van Pad na jou hart
    FOTO: Twitter

Kyk hier na nóg bekendes wat vriende is

WAT DINK JY? WAT SAL JY DOEN OM JOU BESTE VRIENDIN TE BESKERM? Lewer kommentaar onder dié artikel of op SARIE se Facebook- of Twitter-blad.