FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Is aktrise Cameron Diaz verloof?

Die 41-jarige Cameron Diaz dra nie net een diamantring aan haar ringvinger op haar linkerhand nie, maar twee – en dit laat almal wonder: Gaan Cameron binnekort voor die kansel staan?

Sy gaan al ’n paar maande met die musikant Benji Madden (35) uit en dit lyk nou of dinge tussen hulle ernstig word. ’n Bron het in Julie aan E! News gesê dat die twee ’n toekoms saam sien, “en dat trouplanne deel van daardie toekoms is”.

Benji en Cameron is aan mekaar voorgestel deur die TV-persoonlikheid Nicole Richie. Nicole is getroud met Benji se broer, Joel Madden, wat saam met Benji in die rock-groep Good Charlotte speel.

Cameron was nog nie voorheen getroud nie en dit sal haar eerste verlowing wees – as die ringe wel beteken dat sy verloof is. Kyk na die ringe HIER

Van Cameron se vorige verhoudings:

  • Die vervaardiger Carlos de la Torre (1990 – 1995)

  • Akteur Matt Dillon  (1995 – 1998)

  • Akteur en sanger Jared Leto (1999 – 2003)

  • Sanger en akteur Justin Timberlake (2003 – 2006)

  • Akteur Bradley Cooper, GERUG (2007 – 2008)

  • Sanger Adam Levine (2009)

  • Bofbalspeler Alex Rodriguez (2010 – 2011)

  • Die Suid-Afrikaanse entrepreneur en biljoenêr Elon Musk, GERUG (2013) 

Bronne: Hello!, E! News en Zimbio