Cameron van der Burgh wys sy Olimpiese goue medalje in SARIE. Oktober 2012
FOTO Phyllis Green

Cameron van der Burgh wys sy Olimpiese goue medalje in SARIE. Oktober 2012 FOTO Phyllis Green

Het jy gehoor?

Cameron toor weer in die water!

Vier jaar later en die Suid-Afrikaanse swemmer Cameron van der Burgh het weer die eerste medalje vir Suid-Afrika verseker. En dié keer is dit ’n silwer in die 100 m-borsslag!

Cameron het in 2012 in dieselfde item goud gekry by die Olimpiese Spele in Londen. En toe ook sommer ’n nuwe wêreldrekord van 58.46 sekondes gestel. Vanoggend was sy grootste kompetisie die 21-jarige Britse swemmer Adam Peaty. En soos ’n dolfyn in die water het Adam Brittanje se eerste goue medalje gewen.

Hy het ook ’n nuwe rekord van 57.13 sekondes gestel.

OLYMPIC CHAMPION and a New World Record #57.1 #BringOnTheGreat

A photo posted by Adam Peaty (@adam_peaty) on

Ons is steeds trots op Cameron!

Rio_SASpan_Social_Medal1

In 2012 het SARIE ná die Olimpiese Spele met Cameron gepraat. 

Jy het in ’n onderhoud gesê jy het nou bereik wat jy wou in jou lewe. En dit op 24. Wat lê nog voor?

Ek moet gaan sit en dink oor my nuwe swemdoelwitte. ’n Borsslagswemmer se goue jare is tussen 24 en 28. Dis hoekom ek voel die volgende vier jaar behoort my beste swemjare te wees ‒ ás ek nie ’n besering opdoen nie. Ek wil my titel by die volgende Spele gaan verdedig. Die belangrikste is om gemotiveerd te bly. Ek raak so vinnig verveeld.

Hoe bly jy nederig?

Ek dink jy kry grootkop wanneer jy die positiewe dinge glo wat mense van jou sê, soos dat ek nou ’n “goue seun” is. Mense gáán jou prys en natuurlik moet jy trots wees op wat jy bereik het, maar wanneer jy jou selfbeeld bou op dít wat mense van jou sê, is dit maklik om die pad byster te raak. Ek is op die oomblik aan die bopunt van die leer omdat ek ’n goue medalje gewen het. Maar sodra ek weer gaan begin oefen, gaan ek vir myself sê ek is nou weer aan die onderkant en ek moet van voor af werk om bo uit te kom.

Nadat Chad le Clos sy goue medalje gewen het, was dit byna asof sy sukses joune oorskadu het. Het dit jou gepla?

Glad nie. Hy’s my pêl. Omdat ons albei goue medaljes gewen het, het dit soveel meer opwinding oor swem in Suid-Afrika veroorsaak. En dit beteken swem gaan nou moontlik meer aandag en hulpbronne kry.

FOTO Siphiwe Sibeko/ Reuters

FOTO Siphiwe Sibeko/ Reuters

Lees nou

Jou gids vir die Olimpiese Spele

Olimpiese Spele bring vrede #OlympicPeace