FOTO Instagram / @cameronvdburgh

Het jy gehoor?

Cameron van der Burgh is verloof!

Dis nou ’n perfekte geskenk. Die olimpiese swemmer Cameron van der Burgh is verloof! 

Hy het sy Griekse meisie, Nefeli Valakelis, in die Switserse Alpe gevra om te trou. Hulle is al  sedert 2013 saam.

Mine forever… She said yes

A photo posted by Cameron Van der Burgh (@cameronvdburgh) on

He asked and I said ABSOLUTELY!

A photo posted by Nefeli Valakelis (@nef_val) on

In SARIE se Desember 2016-uitgawe het Cameron onder andere gesels oor Nefeli.

Hoekom werk jou en Nefeli se verhouding?

Sy het selfvertroue en sex appeal en weet hoe om haarself te “dra”. Baie meisies wil hulself opdring aan my oor my sukses, maar dit laat ’n nare smaak. Ons twee was nooit op skool maats nie. Later ontmoet ons toe weer in ’n kroeg en gesels te heerlik. Eintlik het ek in een van haar vriendinne belang gestel . . . Ek is mal daaroor as sy geblomde rokke dra . . . oee, dit doen dit vir my. En hoë hakke vir sexy dates, maar nie vir middagete nie. Sy is nie ’n snob nie en kombineer goeie, duur etikette met goedkoperes. En sy is sentimenteel. Ek het so ’n goedkoop hangertjie van leer – R150 – vir haar gegee toe ons begin date het en sy dra dit gereeld.

Kyk net hul lekker vakansie:

Taking some time out between the slopes

A photo posted by Cameron Van der Burgh (@cameronvdburgh) on

2nd day of learning how to ski! Do you guys have any tips for me for day 3? #WinterOlympics

A video posted by Cameron Van der Burgh (@cameronvdburgh) on

Baie geluk!