Het jy gehoor?

Candice Swanepoel se 3de Vogue-voorblad vir 2013!

Daar is net geen einde aan dié Suid-Afrikaanse skoonheid nie …

Rooi is aan die orde van die dag vir die Meksikaanse Vogue se voorblad (hooffoto). Dit is Candice Swanepoel se derde Vogue-voorblad – net in hierdie jaar.

Dié dramatiese foto’s is in die strate van New York geneem. Hier word rooi saam met spierwit bykomstighede, om ‘n statige atmosfeer te skep, gedra.

produccion_vogue_mexico_septiembre_2013_portada_candice_swanepoel_658674642_900x817_630w

 

produccion_vogue_mexico_septiembre_2013_portada_candice_swanepoel_45504503_908x1200_630w

Die tydskrif het besluit om Candice in ‘n rooi Valentino-eenstuk, in plaas van dié foto waar haar blonde krulle haar gesig raam, op die voorblad te plaas . Met dié blou oë kan ons sien waarom dié model van Mooirivier in KwaZulu-Natal die mode-wêreld omtrént op hol het.

produccion_vogue_mexico_septiembre_2013_portada_candice_swanepoel_906975598_617x800_630w

Kyk net na al die rooi in die SARIE-winkel! Vind die regte skakering- van jou klerekas tot in jou kombuis!

Candice bewys met dié mode-fotosessies dat sy nie slegs ‘n onderklere-model is nie, maar het dít wat nodig is om een van die wêreld se beste modelle te word. Hierdie is haar ander twee Vogue-voorblaaie – vir die Spaanse en die Australiese uitgawes. Sy was voorheen ook op die Italiaanse en Japanese weergawes se voorblaaie.

espana.apr_630w

 

aus.june_630w

 

 

 

Candice beklee ook die nommer 7 posisie van Afrika se top-modelle!

Lees meer oor Katryn, Behati en Candice se posisies hier!

Ons is baie trots op Candice! Kyk net na hierdie pragtige agter-die-skerms-video:

id=912;width=630;position=auto;autoplay=no;provider=youtube;embed=video