FOTO: Instagram @angelcandices

FOTO: Instagram @angelcandices

Het jy gehoor?

Candice Swanepoel speel Marilyn Monroe in nuwe skoonheidsveldtog

Die Suid-Afrikaanse skoonheid Candice Swanepoel het beslis die X-faktor! G’n wonder sy is die gesig van Max Factor se nuwe skoonheidsveldtog nie. Express berig dat sy op ’n haar soos die ikoniese Marilyn Monroe in die advertensies lyk. 

Die veteraan-handelsnaam wat dié jaar sy 80ste bestaansjaar vier, was verantwoordelik vir  Marilyn, oftewel Norma Jean, se transformasie van ’n relatief onbekende aktrise tot ’n ewige simbool van skoonheid.

Marilyn Monroe

Max Factor Global se kreatiewe direkteur, Pat McGarth, het kommentaar gelewer op Marilyn se kenmerkende rooi lippe en treffende oë: “Dit was tydloos, glansryk en stylvol, wat ook al die geleentheid.”

Candice het dié foto op Instagram gedeel en volgelinge uitgedaag om met hul grimering te eksperimenteer: “Dit is die perfekte tyd van die jaar om vir jouself ’n dramatiese nuwe voorkoms te gee of om iets nuuts met jou grimering te probeer.”

Marilyn inspired @maxfactor makeup with dream team @patmcgrathreal and @shayashual: @richallenphoto79 #behindthescenes

A photo posted by Candice Swanepoel (@angelcandices) on


Bron: Express

Lees ook