FOTO: Instagram angelcandices

FOTO: Instagram angelcandices

Het jy gehoor?

Candice Swanepoel val op New York-loopplank

Die Suid-Afrikaanse model Candice Swanepoel, wat veral bekend is as een van die Victoria’s Secret Angels, het by die gesogte New Yorkse Modeweek op die loopplank geval toe sy oor ’n los veter gestruikel het, berig Hello!.

Mense wat in die voorste ry gesit het, het Candice te hulp gesnel. Sy het die situasie baie professioneel hanteer en net aangegaan asof niks gebeur het nie. Die voorval het tydens ’n Givenchy-vertoning plaasgevind.

Ná afloop van die modeparade het sy dié foto van haar nerfaf-knieë op Instagram gedeel, waarby sy diegene wat haar gehelp het, bedank.

Thank you to who ever picked me up off the runway tonight. left with little scratches but mostly a bruised ego #ohwell

A photo posted by Candice Swanepoel (@angelcandices) on

Lees ook