FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Cannes-rolprentfees: ons gunsteling-skoonheid op die rooi tapyt

By die opening van die Cannes-rolprentfees in Frankryk verlede week het die sterre weer eens gewys waarom hulle op die rooi tapyt hoort. Hier is van ons gunsteling-skoonheidsvoorkomste by Cannes vanjaar.

Blake Lively

Die Gossip Girl-ster, wat ook die gesig van L’Oréal Paris is, lyk glansryk, jonk en modern by die fees. Sy het haar lang, blonde hare na agter gekam in ’n hoë poniestert en dit toe styf gevleg vir haar eerste verskyning. Sy was geklee in ’n wynrooi rok van Gucci en haar ooggrimering was rokerig met ’n neutrale skakering lipstiffie.

Blake Lively op die rooitapyt tydens die eerste dag van Cannes. Sy dra 'n wynrooi Gucci-skepping FOTO: vergunning van L'Oréal

Blake Lively op die rooitapyt tydens die eerste dag van Cannes. Sy dra ‘n wynrooi Gucci-skepping
FOTO: vergunning van L’Oréal

Om jou ooggrimering soos Blake s’n te laat lyk moet jy onthou om ook ’n sigbare lyn teen die onderste waterlyn van jou oog te trek.

SARIE ontmoet vir Blake Lively

Ook in haar Chanel-rok, wat baie kritiek kry, het haar grimering die skoonheidswêreld se nuutste tendense gevolg. Danksy haar ligte oogskadu (én welige wimpers) het die ster se oë helder en groot gelyk. Haar pienk lipstiffie – een van die afgelope jaar se gunsteling-skakerings – het jonk en somers gelyk. Boonop het die natuurlike, los golwe in haar hare dié vars voorkoms perfek geraam.

FOTO: vergunning van L'Oréal

FOTO: vergunning van L’Oréal

Zoe Saldana

Tot dusver trek aktrise Zoe Saldana byna elke dag in Cannes die aandag met haar foutlose hare en grimering. Op die eerste dag het die Avatar-aktrise ’n diep skakering van helderrooi lipstiffie gedra. Haar rooi blosser en die katoog wat sy met vloeibare oogomlyner getrek het, het die lipstiffie perfek gekomplementeer. Haar donker hare was losweg gekrul vir ’n tydlose voorkoms. Kry só glansryke krulle.

Zoe het verlede week moeiteloos haar dagvoorkoms in ’n voorkoms vir die aand omskep – bedags het sy somers en stylvol gelyk het met ’n ligpienk lipstiffie, maar vir die aand het die aktrise ’n meer dramatiese voorkoms gekies. Een van die goue reëls as dit by grimering kom, is om nie swaar ooggrimering én donker lipstiffie saam te dra nie. Met haar neutrale lipstiffie (byna diesefde skakering as haar veltoon) by haar dramatiese rokerige oë is Zoe se grimering ook op die tweede aand van Cannes onverbeterlik.

FOTO: vergunning van L'Oréal

FOTO: Getty Images for L’Oréal Paris

Karlie Kloss

Die Amerikaanse model Karlie Kloss se rooiwyn Valentino-rok van kant kry baie kritiek, maar haar grimering was foutloos. Die diep-oranje skakering blosser op haar wange het natuurlik gelyk. Sy het ook die tradisionele rokerige oë geherdefinieer toe sy dié voorkoms met dieppers oogskadu geskep het. Die natuurlike skakering van haar lipglans het dié rokerige oë perfek gebalanseer.

FOTO: Getty Images for L'Oréal Paris

FOTO: Getty Images for L’Oréal Paris

Julianne Moore

Dié rooikop-aktrise se hare bly treffend. Nie net lyk sy beeldskoon met die warm kleur nie, die lengte is ook perfek. Skouerlengte hare, soos Julianne s’n, en die lang bob is van die seisoen se grootste trends.

FOTO: Pascal Le Segretain/Getty Images vir L'Oréal Paris

FOTO: Pascal Le Segretain/Getty Images vir L’Oréal Paris

Julianne se reguit hare staan uit tussen al die ander sterre se kapsels wat gekrul of vasgesteek is.

Julianne Moore (middel) by Zoe Saldana (links) en Liya Kibede FOTO: vergunning van L'Oréal

Julianne Moore (middel) by Zoe Saldana (links) en Liya Kibede
FOTO: Sebastian Calvet / Julen Lutt for L’Oréal Paris

WAT DINK JY? Wie se skoonheidsvoorkoms is sover jóú gunsteling? Lewer kommentaar hier of op SARIE se Facebook- of Twitter-blad.