Het jy gehoor?

SA’ners doen filmbesigheid in Cannes

Die een ding wat jy nie in Cannes doen nie is om iewers, al dink jy ook die hoe gepas, ‘n paar skote met ‘n speelgoed rewolwer af te vuur nie. ‘n Man wat gedink het dié gebaar pas mooi by ‘n onderhoud met die Oscar-bekroonde Christopher Waltz, is summier hardhandig in hegtenis geneem deur die alomteenwoordige veiligheidspersoneel. Omstanders en Christopher met sy gevolg het gehardloop na beskerming. Nou ja mens kan net wonder: ‘Dude, what were you thinking?’

Natuurlik het die groot reën besluit om op die Franse Riviera uit te sak en het nie die Fees gespaar nie. Maar selfs dít kon nie die feesvieringe oor die naweek demp nie. Dit het beslis ‘n negatiewe invloed op ‘besigheid’ gehad, aangesien die helfte van die restaurante waar mense mekaar ontmoet om besigheid te gesels nie onderdak is nie.

Cannes

Elke restaurant-eienaar wil dadelik weet wat jy wil eet wanneer jy by sy deur instap – geen gratis raadsaal nie, jammer! Die smouse in Cannes het darem dadelik ‘n heerlike sakegeleentheid raakgesien en uit die niet te voorskyn gekom met duisende saambrele wat jy ten duurste by hulle kon aankoop. Met ‘n smous elke 10 tree was dit gelukkig nie nodig om te veel nat te reën nie. Dit het my onwillekeurig herinner aan vanjaar se KKNK wat ook plek plek uitgereën het en ek kon nie help om te dink Suid-Afrika het Oudtshoorn, en Frankryk het Cannes nie …

CannesCannes

Te midde van die gietende reën het Suid-Afrika se NFVF (National Film and Video Foundation) se funksie op die strand voortgegaan en was man en muis daar. Hier kon mens duidelik sien dat daar meer as 100 Suid-Afrikaners wat in die filmbedryf is, by Cannes is. Daar was ook ‘n paar hooggeplaastes wat nie noodwendig in die bedryf werk nie, maar op die een of ander manier geassosieer is daarmee. Daar was darem ‘n BBP-area waar meer as 250 mense moes inbondel. Van dié geleentheid het daar ongelukkig nie veel gekom nie – dit was bietjie moeilik om te netwerk oor die harde musiek van die omliggende hotelle.

Cobus van den BergTim Theron

FOTO: Cobus van den Berg (links) en Tim Theron (regs) is deel van ‘n Suid-Afrikaanse groep wat Cannes besoek vir netwerk-geleenthede


Van hotelle gepraat … die hotel waar Steven Spielberg bly, die Majestic, kos hom glo R137 000 per aand – ek neem aan dis darem seker die koning-suite! Maar nou ja, al duur die fees 12 dae is dit seker maar kleingeld vir meneer Spielberg! Hou net in gedagte dat dit sy wegkruipplek is waar hy die grootste gedeelte van die dag moet wegkruip as hy nie deur die gepeupel bestorm wil word nie. Rondry sou hy ook nie kon nie, want die hoeveelheid Bentleys, Lambo’s en Parches wat die strate blokkeer maak enige normale sinvolle vervoer ontmoontlik.

Tim en Cobus

FOTO: Tim en Cobus neem eerder die (oorvol) bus. Die verkeer in Cannes tydens die filmfees is blykbaar iets om te vermy!

Gister was dit ook onmoontlik vir die papparazzi om hulle lere langs al die rooi tapyte te bestyg en dit het net so in die gietende reën bly staan – soos ‘n verlate konstruksie terrein terwyl die glinsterpare op die rooi tapyte moes tevrede wees met enkele kameras wat in enkel gelid onderdak skuiling langs die rooitapyt kon vind. Ek wonder of een van hulle dit persoonlik opgeneem het?