Cara Delevingne FOTO: M.A.C

Cara Delevingne FOTO: M.A.C

Het jy gehoor?

Cara Delevingne nou ook die gesig van mansveldtog

Die supermodel Cara Delevingne is nie net die gesig van DKNY se nuwe vroue- én onderklerereekse nie, sy verskyn ook in hul advertensie vir mansklere  – in ’n pak, berig Harpers Bazaar

Cara, wat gewoonlik uitgesproke is oor gelyke regte in die werkplek en geslagsgelykheid, het nog nie ’n woord gerep oor die advertensie nie. DKNY het in ’n verklaring gesê hulle wil met dié veldtog (mans- en vrouereekse) New York se mengelmoes kulture en idees uitbeeld.

gallery_nrm_1421348689-dknysp15_men_fash_hi4

FOTO: DKNY

In die fotosessie vir die vrouereeks is modelle Binx Walton, Xiao Wen en Sam Rollinson ook te sien.

Albei fotosessies is in die Coleman State-skaatsplankpark onder die Manhattan-brug geskiet.

nrm_1421348306-syn-817-nrm_1421331849-dknysp15_fashion_hi3

FOTO: DKNY