sarie11_2
Het jy gehoor?

Carike Keuzenkamp se seun trou op Mauritius – foto’s

Werner van Zyl (38) ‘n eiendomsontwikkelaar en Johanna Botha (33) het mekaar in Desember 2006 by ‘n Watershed-vertoning by die Barnyard-teater in Mosselbaai ontmoet. Twintig maande gelede het hy en Jo, eienaar van die Schoongezich Spa in Pretoria, begin uitgaan en hulle is toe in my Mei vanjaar getroud.

Hulle het besluit hulle wil nie ‘n troue hê soos alle ander troues wat net drie tot vier ure duur en waar almal ‘n week later van die troue vergeet het nie. Hulle wou ‘n troue hê waar hulle saam met naaste familie en vriende kwaliteittyd kon deurbring, sommer vir ‘n hele week! Die wettige dokumente was reeds in SA geteken.

“Die hele week in Mauritius was een groot ervaring. ‘n Hoogtepunt en herinnering wat ons nooit sal vergeet nie,” het Werner gesê.

Na die troue was hulle, toe al die gaste terug is SA toe, vir ‘n paar dae by die Four Seasons Hotel by Anahita, ook op Mauritius, vir ‘n kort wittebrood.

‘n Vriend van Werner, Marnus Ferreira, het die hele tyd met sy videokamera rondgeloop en die hele week se bedrywighede afgeneem. Hy het dit toe geredigeer tot omtrent 2 ure en elke gas by die troue het ‘n DVD gekry as ‘n aandenking!

“Ons het reeds ‘n reünie gehou!”

Só skryf Carike oor haar seun se groot dag

“Hierdie was ‘n troue wat niemand wat daar was seker ooit sal vergeet nie. Daar het 70 mense van hier af gegaan om ‘n week lank saam vakansie te hou en die troue by te woon. Werner het ‘n groot vriendekring, en ek ken die meeste van hulle al vandat hulle saam op skool was. Van hulle het hulle ouers saamgeneem om na die kinders te help kyk. Dit was wonderlik om hierdie hele week so saam met vriende en familie te kon deurbring.

 

“Werner en Jo het ‘n paar goed gereël wat almal saam kon doen. Op die eerste dag het ons in een van die vlak swembaddens by die hotel saamgekom vir ‘n get together. Jo se pa, Johan Botha, het almal verwelkom en ons is in die swembad met skemerkelkies en eetgoed bedien. Ons almal moes wit dra! Selfs Jo se ouma van 92 was ook in die swembad…

 

“Die volgende dag het ons almal op ‘n katamaran na ‘n ander eiland gevaar waar ons gesnorkel het. Die see was taamlik rof en die meeste van ons het baie naar geword. Patrick het gelukkig geen foto’s geneem van ouens wat oor die kant hang nie! Ná so ‘n trip ken almal mekaar deeglik!

 

Van die ouens het een dag almal saam gaan gholf speel en die eiland verken. Die res van ons het net heeltyd op die strand gelê en aan cocktails gesuig en kyk hoe die kinders in die vlak water snorkel.

 

“Die troue self was Donderdag 27 Mei. Die troue was op die strand en die diens is waargeneem deur ds. Willie Kloppers, die predikant wat Jo gedoop en aangeneem het. Dit was ‘n baie mooi diens, met die son wat so sak oor die water. Ek het vir hulle Koos du Plessis se “Gebed” gesing met Mel Botes wat my op die kitaar begelei het. Mel is ook ‘n goeie vriend van Werner.

 

Die onthaal
“Die onthaal was ook baie besonders, en baie stylvol en pragtig. Al die damask-tafeldoeke en servette is hier gemaak en saamgeneem. Ook die kerse en kershouers, en ander kristalversierings is van hier af saam. Die twee trouekoeke óók. Die een koek was van sjokolade met ‘n witsjokolade-versiering en linte met Werner en Jo se name daarop. Die ander een was ‘n “koek” van drie groot kase opmekaar gepak en toe ook met wit versier. Die “koek” het ons solank geeët toe ons vir hulle gewag het, en Patrick het ‘n paar foto’s geneem.

 

‘n Ma se raad
“Dit was ‘n baie ontspanne troue met baie pret en liefde. Ek het nie spesifiek voor die troue enige raad aan Werner gegee nie. Hy ken my baie goed en weet hoe ek oor sekere goed voel. Sy waardesisteem is reg! Ek is ongelooflik dankbaar om so ‘n pragtige skoondogter soos Johanna te kan hê. Hulle pas bymekaar en is sielsgenote. Ek bid dat hulle ‘n wonderlike, geseënde huwelik sal hê.

 

Mooiste oomblik
“Ek dink die spesifieke oomblik van die troue wat my sal bybly, is terwyl ek gesing het, het ek vir hulle gekyk, en toe ek die uitdrukking op Werner se gesig sien, toe vergeet ek my woorde! Ek het myself darem weer gou reggeruk!

 

Carike se gunsteling-foto

Johanna op haar troudag

Trourokke, strooimeisierokke en Carike se uitrusting:
Henja Schaap
Manspakke:
Yihan van Y-NOT
Fotograaf:
Patrick Cloete

Carike & Olaus se troufoto

Klik om te sien 

  • Alida Müller

    Sal graag wil weet wat die seun nou so belangrik maak dat hy die Sarie tydskrif moet haal.Ai,daar is soveel ander goed waaroor die media kan skryf,maar staar hulle blind deur dit wat daar buite aangaan.Carike is bekend en nie haar seun nie.Kom doen dan eerder ‘n onderhoud met my.Ek kan julle so baie vertel.Ag nee Sarie.Ek het nog nooit ‘n uitgawe van julle gemis nie,maar hierdie artikel staan my nie aan nie.

  • MARTIE REYNECKE

    DIS ABSOLUUT PRAGTIG. SO ROMANTIES EN CARIKE BLY PRAGTIG. DIT MOES WONDERLIK GEWEES HET OM DAAR TE WEES. EK GLO HULLE GAAN BAIE GELUKKIG WEES. CARIKE BLY MY GUNSTELING SANGERES.

  • carin joubert

    pragtige foto’s, mag julle net so ‘n mooi huwelik he as wat die troue was!!

  • Joe-Marie Oelofse

    Baie geluk aan die pragtige paartjie, uit die fotos kan mens somme sien julle is almal gelukkig, die fotos is pragtig ! Hou die blink kant bo en "keep on smilling" .

  • Petro

    Ongelooflik mooi, ‘n sprokies troue! Baie geluk.

  • Amelia

    Lyk of dit ‘n heerlike troue was. En ek is seker dit was!

  • Carika

    Die troue was pragtig. Baie geluk.

  • Cheryl

    Dis is absolute pragtige fotos en Alida dis nie nodig om lelike kommentaar
    te lewer nie-dis lekker om mooi troufotos en gelukkige mense te sien in plaas van al die negatiewe waarvan ons elke dag in die koerante lees-Baie Geluk aan die bruidspaar.

  • Leani

    Pragtige foto’s!! Ek stem saam met Cheryl: Alida, jou negatiewe kommentaar is ongevraagd. SARIE kan nie altyd almal tevrede hou nie. Wie die bruidspaar nou ookal mag wees – bekend of nie – dis altyd heerlik om in sulke mooi foto’s te kan deel. Aan die gelukkige paartjie wens ek alle voorspoed toe en ‘n lang, gelukkige huwelik vol liefde en seen!!

  • Lida Pieterse

    Ek stem saam met Cheryl, Alida se kommentaar was onnodig.(jaloers miskien?) Dit was ‘n pragtige troue en almal lyk gelukkig. Dankie Sarie dat julle dit geplaas het.

  • MARTHIE COTHILL

    carike hierdie is awesome photos dankie vir die deel daarvan julle is pragtig en ek kan my indink hoe van tasties hierdie troue moes wees met jou aan die stuur en die prag gesang kan ek indink hoe van tasties dit was dankie vir die voorreg o m dit te deel, soos altyd is jy pragtig en spontaan. elke artikel van jou is ‘n voorreg om te deel dankie Sarie en
    baie baie geluk
    ‘n opregte waarderende leser….

  • Christabel Bella

    Alida Müller – jy is ‘n jaloerse ou heks! SIES MAN! Ek dink die foto’s is pragtig en mens wil tot nie net altyd hoor van AL DIE NARE goed in die land nie – so ligte like ou ietsies "met ons share" is nodig en oulik!

  • http://www.yahoo.com Elvira Bothma

    Pragtige troufotos, pragtige familie. Wonderlik datfamilies nog so spontaan en gelukkig saam kan wees in hierdie aaklige SA toestande. G’n wonder hulle gaan trou DAAR VER nie. Jammer hier is so ‘n ou klomp suur knolle wat altyd ‘n negatiewe kommentaar MOET LEWER. Wens hulle net die beste toe vir die toekoms. Elvira

  • Suki

    Ai toggie – los vir Alida. Die troue was pragtig, maar Alida is ok reg…

  • heila

    Dit was darem nou vir jou n troue en n half! Baie geluk – mag julle n pragtige lewe saam he…

  • Carine

    Baie mooi troue! Veels Geluk! Sien die mooi in alles raak Alida.

  • ellen pienaar

    Alida moenie jaloers wees nie my dogter trou ook nou in Maart en met baie men geld sal sy ook `n koninglike troue he Varika dankie dis is weer soos woema vir suid afrikaners baie geluk aan julle en werner

  • Heloise

    Alida jy is ‘n regte bitter bek! Dankie Sarie dit is pragtige foto’s!

  • elmien

    Alida – SIES MAN! jy is seker so ongelukkig in jou lewe, dat jy nie die son oor ander mense wil sien skyn nie. Jou son het seker al so gesak dat jy dit nooit sal sien opkom nie. SIES MAN

    Elmien

  • Jorina

    Alida ek dink jy is net jaloers. Dit is lekker om partykeer van die bekendes se kinders ook iets te sien en te lees, want Carike se kinders roem nie op hul ma se bekendheid nie. Hul lewe hul eie lewe. Ek dink dit is ongelooflike mooi foto’s, en dis lekker as dit gedeel word.

  • http://sarie.com Estelle

    Heerlik om sulke mooi en romantiese nuus te kan lees – veral in die woelige tyd waarin ons onsself bevind. Voel sommer lus om weer te trou ( en ek is al 20 jr gelukkig getroud!)

  • LG

    Alida, as die artikel vir jou so erg is, hoekom lees jy dit en hoekom los jy sulke negatiewe kommentaar??? Mense soos jy maak my so kwaad!!! Hou jou simpel kommentaar vir jouself want niemand stem saam met jou nie!! En hou op om mense te judge!!!

  • blackhuff

    Ek stem saam met Alida. Hoekom nou juis oor hom skryf waar daar soveel ander goed is om oor te skryf. Carika se seun was nog nooit regtig in die kollig, hoekom dan nou? Oor hy trou? Nee wat, skryf oor iets anders, asb.

  • Jack

    My susterskind is ook nie ‘n bekende, maar ‘n tydskrif het uitgevind van haar unieke tuintroue en het ‘n pragtige artikel daaroor gepubliseer. Geluk Sarie, dat julle dit waag om ‘n "onbelangrike persoon" as (nuus)waardig te beskou.

  • Dominique Kotze

    Dis jammer daar is ALTYD negatiewe mense. Dankie aan Sarie vir die deel wees van so ‘n spesiale dag in enige iemand se lewe. Ons gewone "gepeupel" sal nooit so ‘n troue kan bekostig nie, daarom is dit heerlik om elke foto in te drink. Hou so aan. Gelukkige, glimlaggende mense is manna vir die siel, in hierdie dae wat alles net moord en doodslag is… Die Oumatjie van 92 het my laat verlang na my Oumatjies(lankal oorlede) wat ook so breed geglimlag het op my trou foto’s.

  • Judy

    oeg DANKIE vir die artikel – enige iets oor Carike is altyd welkom, ai hulle lyk so gelukkig!!!

  • Ina

    Baie geluk dit is asemrowend mooi!
    Alida, dit is nie mooi wat jy doen nie, negatiewe kommentaar is dreinerend en pas nie by SARIE lesers nie! Het jy al daaraan gedink, moet ons jou ken en wat maak jou so fantasties dat SARIE met jou ‘n onderhoud moet voer? SARIE doen so voort, die lewe is lelik en saai genoeg, en die artikel is ‘n vars briesie, net wat ons lesers nodig het. Wel gedaan!! Kan nie wag vir die jongste van die gesin se troufoto’s nie!!

  • stormer

    nee man

  • Sonette Muller

    Baie geluk. Die foto’s is pragtig. Carike en gesin is pragtig!

  • Sonette Muller

    Baie geluk. Die foto’s is pragtig. Carike en gesin is pragtig!

  • Marian Rankin

    Dit is wonderlik om nuus hier in die buiteland te ontvang, bekendes of onbekendes…maar op meer so ‘n positiewe noot. Wonderlik om deel te wees van Sarie op Facebook en op hoogte te bly van alles… troues, resepte en meer…Carike jy was nog altyd ‘n sangeres so na my hart en is bly om die foto’s te kon sien…Wonderlike, sprokies troue…Baie dankie aan Sarie en almal wat dit moontlik kon maak om die foto’s te kon gesien het. Maak my dag aan hierdie kant….Groete van die buiteland.

  • Karin

    Casrike was nog altyd ‘n wonderlike rolmodel en ‘n voorbeeld van positiwiteit. Foto’s en stories oor haar en gesin sal altyd welkom wees. Dankie Sarie vir ‘n positiewe artikel!

  • Michele

    Jo en Werner, baie geluk… Dis lekker om my maatjie in ‘n magazine te sien! Mag julle donkie-jare lank gelukkig bly! Baie liefde!

  • Dolla Coetzee

    Dit lyk pragtig, my dogter wil ook op die strand trou eendag, sy het pragtig gelyk,mag julle baie gelukkig wees, lekker om van Carike te lees, ons lees genoeg van negetiwe goed in tydskrifte, n storie van n sprokie troue by lekker,en ons geniet dit,dankie

  • Sonja

    Alida Muller – jy behoort jou te skaam vir wat jy gese het!! Miskien moet jy maar op hou die Sarie lees en liewers maar elke dag die SON LEES !! Weet elke mense sal daarvan hou om te spog met haar of sy kinders se trou foto’s en stem saam met die ander leser wat gese dat haar dogter ook een van die dae trou ( Ellen Pienaar) en dat die geld maar min is maar weet Alida net om na ander se trou foto’s te kyk gee vir jou dalk idee wat jy op jou troue kan doen. Ek het ook ‘n strand trou gehou maar weet wat as ek dit kon oor doen sou ek ook so ‘n troue so Carika se seun wou gehad het. Alida onthou net wees bly vir ander en almal sal bly wees vir jou !!!

  • Annetjie de Beer

    Dankie vir die pragtige fotos. My seun trou ook volgende jaar in Mauritius en die kykie in jul vreugde het my baie plesier verskaf. Baie geluk aan die bruidspaar en families.

  • Marcel

    Die foto’s is pragtig, en hulle is ‘n mooi couple. Alida, ek wonder wat maak jou so belangrik dat Sarie met jou moet kom praat. Sies tog

  • http://rtopjtdxkxgd.com/ xqjvffczd

    Dk3cRm qyccjbhcehrm, [url=http://kgdvynhtzoux.com/]kgdvynhtzoux[/url], [link=http://knrwuvgnpgtt.com/]knrwuvgnpgtt[/link], http://vpgsepoxdoax.com/

  • Janette

    Sekere mense kan net droom van so ‘n pragtige troue. Wel gedaan-mag jul huwelik net so mooi wees soos jul ouers s’n. Trotser kan geen mens wees op sulke oulike kinders nie. BAIE GELUK!!!

  • http://yahoo.com Susan

    Ag dis net te lekker om na die foto’s te kyk. Het altyd gewonder hoe lyk Carika se seun nou? Dankie Sarie!! Maar die "ma’s is net so mooi en jonk soos die bruid! Seen vir julle op die huwelik.

  • http://sarie.com Lucinda

    wil net gou iets hoor het Hilda van 7de laan dalk die trou koek gebak want dit lyk of hy in-mekaar val? wil ook net se die tafels het baie pragtig gelyk…..

  • Arina Malherbe

    Baie geluk aan Carike met haar lieflike gesin, die troukoek was vir my so mooi, so elegant, die troue was voorwaar ‘n liefdes fees!! Daar is niks verkeerd nie, dis so stylvol, mag hulle baie gelukkig wees!

  • Annette

    Ek ken vir Johanna , haar ouers baie goed , hulle is baie besondere mense en ek is seker dat Werner en sy familie baie gelukkig met Johanna sal wees en dat sy en Werner gelukkig saam sal wees , baie geluk aan julle en dit was n pragtige troue .

  • Nettie

    Ja nee, met die Casper de Vries eskapade oor christene is dié foto’s, baie mooi en ek is dankbaar om te kan deel hê in Carika hulle se geluk, dit is mooi tradisoneel en sy is ‘n goeie rol Model sekerlik nie net vir haar kinders nie, maar vir ons christene. Baie dankie Sarie en Carika ,Christene bo. Carika moet meskien ;n bietjie met ons verlore broer Casper gaan praat en ons res sal bid vir hom en sy bestuur span.

  • Annetjie Deysel Ciorovich

    Carika was nog altyd my rolmodel, wil net weet hoe kry sy dit reg om so pratig en jonk te bly!!. Carika jou seun kan trots wees op jou soos jy is op hulle, Baie Geluk Jo en Werner dit lyk soos ‘n sprokies verhaal en Mag GOD julle ryklik seën met baie liefde, respek, en Gesondheid. By gesê wie ookal negatiewe dinge oor Carika sê staan ons ook nie aan nie Carika se seun bly haar seun, daar is baie bekendes wie saam hulle familie in boeke verskyn en daar is niks daarmee fout nie. Jaloesie is ‘n lelike knaende ding……….

  • ShannonSandra24

    Some time before, I really needed to buy a building for my corporation but I did not earn enough money and could not order anything. Thank goodness my fellow suggested to try to get the personal loans at banks. Hence, I did that and used to be satisfied with my car loan.

  • jane

    niemand kan so perfek wees nie, iewers steek die van zyl famielie iets weg.

  • Marietjie

    Ja Jane, jy is duidelik die bewys van nie perfek wees nie. Want as jy was, sou jy kon spel en sinne met hoofletters begin! Ou Bitterbek.

    En Alida, siestog. Wie sou nou iets oor jou wou lees. Ou Bitterbek kwadraat!

  • Nankinfexia

    Hello. And Bye.
    [url=http://google.com]test[/url]