FOTO: Twitter @mikefisher1212

Het jy gehoor?

Carrie Underwood is swanger!

Die American Idol-wenner Carrie Underwood is swanger met haar eersteling, berig Huffington Post.

Dié Grammy-bekroonde sangeres en die yshokkiespeler Mike Fisher het die naweek op sosiale media aangekondig dat hulle hul eersteling verwag.

Carrie het vir hul hondekinders, Ace en Penny, truie aangetrek waarop daar staan dat hulle nou ouboet en ousus gaan wees. Carrie het daarby geskryf sy en Mike is baie gelukkig oor dié nuus.

Mike het dié snaakse foto gedeel – sekerlik hoop hy sy eersteling sal in sy voetspore volg.

Dié 31-jarige ster en haar 34-jarige atleet-man het in 2010 getrou.

Carrie Underwood

FOTO: People

Carrie Underwood

Lees ook