Het jy gehoor?

Cartier skep Grace se juwele vir Nicole Kidman

Grace Kelly, wat getroud was met prins Rainier III van Monaco, was baie lief vir dié Paryse juweliershuis. Toe Ranier op sy knieë sak en om haar hand vra  – net 8 maande nadat hulle ontmoet het – het hy dit met ‘n Cartier-diamantring van 10.47-karaat gedoen, berig Hello!

Die Hollywood-skoonheid en ma van Monaco se huidige heerser, prins Albert, het nóg Cartier-juwele van haar man ontvang, as trougeskenke én later tydens hul huwelik.

Grace Kelly

FOTO: Grace Kelly op haar troudag

Prinses Grace is in 1982 tragies dood ná ‘n beroerte terwyl sy motor bestuur en verongeluk het. Haar jongste dogter, prinses Stéphanie, was saam met haar, maar sy het oorleef.

Dis geen verrassing dat Cartier gevra is om juwele te ontwerp vir Olivier Dahan se rolprent oor Grace wat volgende jaar bekend gestel word nie.

Monaco se koninklike familie het toestemming gegee dat Cartier die prinses se bekendste juwele herskep. Dit sluit in die verloofring wat Nicole in die film dra, ‘n diamant-borsspeld in die vorm van ‘n poedel, ‘n driestring-halssnoer en ‘n diamant-en-robynkroon.

Cartier se winkelvenster in Parys is ook in die prent te sien in die toneel waar Grace haar uittrede uit Hollywood bekend maak om meer tyd aan haar koninklike pligte te bestee.

Grace Kelly, Nicole Kidman

FOTO: Nicole Kidman (regs) speel Grace Kelly (links) in die film Grace of Monaco

Die prent fokus op Grace se rol in die twis tussen haar man en Frankryk se president Charles De Gaulle, wat byna gelei het tot ‘n militêre inval van Monaco.

Sien foto’s van die juwele wat herskep gaan word.

[box:full:red:both]

Juwele gesteel by Cannes

Luukse Chopard-juwele ter waarde van meer as €1 million (R12 miljoen) is tydens die Cannes-rolprentfees uit ‘n hotelkamer gesteel. Dié juweliersware sou aan sterre geleen word om op die rooi tapyt te dra.

Sterre soos die model Cara Delevingne, die voormalige supermodel Cindy Crawford en die sangeres Lana Del Rey het reeds tydens die fees van dié duur juweliersware gedra.

Die Suid-Afrikaners Tim Theron en Cobus van den Berg kuier by die Cannes-rolprentfees. Lees hul ervaring wat hulle met sarie.com deel, hier.

[/box]