88th Oscars®, Academy Awards, Arrivals
Het jy gehoor?

Cate Blanchett se nuwe rol

Die Oscar-wenner Cate Blanchett is onlangs deur die Verenigde Nasies (VN) aangewys as ’n ambassadeur vir vlugtelinge. Angelina Jolie beklee sedert 2012 ’n soortgelyke posisie.

Cate het in haar nuwe hoedanigheid reeds ’n vlugtelingkamp in Jordanië in die Midde-Ooste besoek. In ’n onderhoud met die joernalis Christiane Amanpour op CNN het Cate vertel dat sy dié nuwe rol as haar plig beskou.

Die aktrise is getroud met die Australiese regisseur en dramaturg Andrew Upton en die egpaar het vier kinders.

Kyk haar amptelike besoek aan ’n vlugtelingkamp

Ander bekendes wat ook VN-ambassadeurs is, is Emma Watson, Nicole Kidman,  David Beckham, Antonio Banderas, Selena Gomez, Katy Perry, Ricky Martin, Serena Williams, Orlando Bloom, Susan Sarandon, Whoopi Goldberg,  Jackie Chan, Liam Neeson en Mia Farrow.

Lees nou

Ryan Gosling en Eva Mendes verwelkom 2de baba

Brie Larson verloof