kate_cancerpatient_getty
Het jy gehoor?

Kate Middleton se roerende brief aan jong kankerlyer

Tydens haar besoek het Fabian vir Catherine vertel van sy familie se blog oor die pad wat hulle almal stap vandat hy gediagnoseer is. Sy is waarlik die prinses van harte, want nie net het sy die blog gaan lees nie, sy het verlede week vir Fabian ’n persoonlike brief gestuur waarin sy skryf:

“Ondanks die ongelooflike eise wat aan jou gestel word as gevolg van jou siekte, is ek aangeraak deur jou treffende en sterk karakter.

Ek is baie bly om op jul blog te lees dat een van jou susters geskik is om vir jou beenmurg te skenk en dat dit later in die jaar gaan gebeur. Ek hou duim vas dat jou gesondheid die volgende paar maande van krag tot krag sal gaan.

Ek besef dit is ’n moeilike paar maande wat vir jou en jou gesin voorlê, maar ek is seker daarvan dat die talentvolle, vriendelike en slim personeel by die Royal Marsden alles in hulle vermoë sal doen om julle op hul hande te dra. Met jou positiewe uitkyk op die lewe en goeie geloof is jy reeds op die wenpad.

Hou aan met die inspirerende blog, en intussen hou ek jou en jou gesin in my gedagtes en gebede.

Catherine”

Die brief, met die St. James-paleis se briefhoof bo-aan, is in Catherine se eie handskrif onderteken.

Fabian se pa, Darrell Bate, het aan Evening Standard vertel dat die brief vir hulle baie spesiaal is. “Sy ontmoet so baie mense. Dat sy soveel persoonlike detail van Fabian onthou het en dit in die brief genoem het, beteken vir ons almal regtig baie.”

  • Annaline de Wet

    Wens ons A-lys akteurs/aktrises wil ook betrokke raak by kinders met kanker. Ons is deel van die Little Fighters Cancer Trust in Suid-Afrika en sukkel om borge en ondersteuning te kry vir hierdie klein mensies wat met die kanker monster te doen het. Ons het gereeld uitreike na die Rooikruis Onkologie afdeling en wanneer jy die nood en seer daar ervaar besef jy dat meer gedoen moet word vir hierdie moedige vegtertjies wat daagliks met naalde en medikasie te doen het. Die bang in ‘n kind se oë wanneer hulle een van die mediese personeel sien nader kom kan ek vir niemand beskryf nie. Ons nodig meer hande om die lewe en die lewenskwaliteit van hierdie kinders te verbeter. Hoop iemand sien die skrywe raak. Daar word so baie gedoen vir borskanker pasiente en HIV kinders( en dit is reg so) maar die monster wat ons kinders van hulle lewens beroof word oor die hoof gesien, daar word elke dag ten minste 7 nuwe kinder pasiente met kanker gediagnoseer

  • Riana

    Catherine is vinnig besig om ‘n idol in eie reg te word. Die jong dame het karakter en deernis en sover sy gaan, is sy ‘n klinkende sukses. Sy gaan waarskynlik Lady Di se gewildheid binne afsienbare tyd oortref.

  • Marah

    Ek stem saam met Riana. Catherine is ‘n besonderse mensie. Sy en Prins William pas so mooi bymekaar. Die briefie aan Fabian Bate is weereens ‘n bewys van hoe spesiaal sy is. Ek is mal oor haar.

  • Christa van der Walt

    Ai…dit doen my hart goed om dit te lees…..Catherine, jou skoonma, die liewe prinses Diana, glimlag vandag breed!! Dis lekker om weer daardie teerheid te beleef wat ons so verknog aan haar gemaak het.
    Mooi so Kate!!!

  • Susan la Grange

    Ons woon ook in Londen en my man ontvang ook behandeling vir kanker by ‘n Londense hospitaal. Dit is ‘n baie morbiede omgewing, so ‘n kankerhospitaal. Enige vriendelike glimlaggies of besoekers, soos in die geval van Prinses Katherine, is onvergeetlik.Meer mense behoort betrokke te raak by baie siek mense, al is dit net om ‘n grappie te vertel. Veral ‘n wagkamer van die onkologie afdeling van n hospitaal is erg morbied, kry my maklik onder!