FOTO: Instagram  catherinezetajones

FOTO: Instagram catherinezetajones

Het jy gehoor?

Catherine Zeta-Jones en Michael Douglas vier 15de huweliksherdenking

Die bekende Hollywood-glanspaar Catherine Zeta-Jones en Michael Douglas se huwelik was nie altyd maklik nie. Nie net het Michael ’n stryd gevoer teen kanker nie, maar die paartjie is ook in 2013 vir ’n rukkie uitmekaar. Gelukkig is hulle op hul 15de huweliksherdinking gelukkiger as ooit, berig Hello!.

Catherine het op Instagram ’n foto van hulle twee gedeel en vir Michael geluk gewens met hul eerste 15 jaar en gesê sy sien uit na die volgende 15.

Hoewel hulle in 2013 vir 6 maande uitmekaar is, het Michael onlangs in ’n onderhoud gesê hy is baie lief vir Catherine, en die grootste uitdaging is die media wat hul persoonlike probleme uit verband ruk. Hy erken hulle het hard gewerk om hul verhouding te red en sê dit kom van albei kante af. Hy glo jy kan nie alleen aan ’n verhouding werk nie.

Michael het vier jaar gelede aangekondig hy is gesond en sy kankerstryd is iets van die verlede.

Catherine en Michael, wat 25 jaar verskil, is in 2000 getroud en het twee kinders saam, Dylan (14) en Carys (12).

Bronne: Hello! en Instagram

Lees ook