13243932_10154222671824508_2049684584581371201_o
Het jy gehoor?

Celeb-resep: Amor se maklike garnale en Italiaanse slaai

Amor Vittone, aanbieder van Skoonma se tong op Via (DStv-kanaal 147),  is self knap in die kombuis.

“My etes is eenvoudig. Ek is veral mal oor knoffel en garnale. Dié gereg is ’n wenner,” sê die ma van Jordan (12) en Kylie (10). “My kinders is my engele en hou my baie besig met hul buitemuurse aktiwiteite. Ek speel in die middag taxi en is juffrou as dit by hul huiswerk kom.” Jordan is dol op sokker en Kylie ry perd.

Haar nuutste CD, Die tyd is nou, is pas bekend gestel. “Ek is ook druk besig met motiveringspraatjies,” vertel sy.

GARNALE
• Besluit self hoeveel garnale jy wil gebruik.
• Maak pan warm en smelt 2 eetlepels botter.
• Braai garnale tot pienk.
• Maak ’n sous met 2 teelepels fyn knoffel, 2 eetlepels botter en suurlemoensap. Gooi oor garnale terwyl dit nog warm is.

ITALIAANSE SLAAI
• Slaaiblare en twee tamaties opgesny.

SLAAISOUS
• ½ koppie Italiaanse wynasyn
• 1 teelepel knoffel
• gemengde kruie
• 1 versoeterpilletjie
• 2 eetlepels olyfolie

Laat staan vir twintig minute en gooi oor slaai.

Navrae: info@vittone.co.za; 011 432 0369