FOTO: Spheratical Productions

FOTO: Spheratical Productions

Het jy gehoor?

Celeb-resep: Leah se ‘bangers & mash’

SARIE.com hoor elke Vrydag by bekendes wat hul gunsteling-resep vir die naweek is. Dié week het ons by die sangeres Leah gaan aanklop.

Leah spog nie net met haar eerste album, Wonderwerknie, haar eerste musiekvideo is ook op TV te sien! Maar vandag skuif sy agter die mikrofoon uit en deel ’n spesiale familieresep met ons.

“Kyk, as iemand vir jou sê bangers & mash, raak jy nou nie so opgewonde nie, maar hierdie is ’n baie spesiale resep van my oorlede skoonpa en dit is ’n TREFFER!

Leah by haar skoonfamilie: (skoonpa Danie, skoonma Annè-Mari, haar man Hennie, Leah, skoonsus Hanneke en skoonsus Annelise

Leah by haar skoonfamilie: (wyle skoonpa Danie, skoonma Annè-Mari, haar man Hennie, Leah, skoonsus Hanneke en skoonsus Annelise

Ek het dit so 8 jaar gelede vir die eerste keer aan die Weskus geëet en nou maak ek dit maandeliks vir ons. Dis my man se gunsteling!”

Die Van Niekerks se bangers & mash

Varkworsies:

Ongeveer 6 groot varkworsies (500 g)

1 eetlepel olie

1 knoffelhuisie geskil en fyngekap

‘n halwe ui, opgekap

4 eetlepels tamatiesous

4 eetlepels worcestersous

4 eetlepels blatjang

1 blikkie perskeskywe (hou die sap apart)

Kapokaartappels:

5 groot aartappels

’n halwe koppie melk

20 g botter

  1. Kook die varkworsies in ’n porseleinbak met water gevul in die mikrogolf vir 5 minute en sny dan op in skywe.
  2. Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte en roerbraai die knoffel en ui vir 2 minute.
  3. Gooi die varkworsies by en braai vir 8 – 10 minute totdat die worsies ligbruin is.
  4. Voeg die tamatiesous, worcestersous, blatjang en sap van die perskes by en bring tot kookpunt.
  5. Stel die hitte laer en voeg die perskes by. Prut vir 5 minute.
  6. Maak intussen die kapokaartappels (mash)

En voilà! Die beste bangers & mash op aarde!

Leah en Hennie is in 2013 getroud. Kyk na hul troufoto’s HIER.

Leah en haar man, Hennie van Niekerk

Leah en haar man, Hennie van Niekerk

Lees nou