sandra
Het jy gehoor?

Celeb-veldtog met Sandra Bullock en kie – jy kan ook deelneem

BE THE ONE-veldtog – help herstel die Mexikaanse Golf

Be the one, is ‘n veldtog vir die herstel en bewaring van die Mexikaanse Golf ná die katastrofiese olielek. Bekendes het saamgestaan om ander aan te moedig om ‘n petisie te teken sodat wêreldleiers die nodige stappe sal doen om die Golf te herstel en te beskerm. In die video: Sign it. Share it. Be the One.

Besoek restorethegulf.com of sluit aan by die facebook-groep om ‘n verskil te maak! Die video is in New Orleans en elders geskiet.

In die video verskyn: (in volgorde) Sandra Bullock, Blake Lively, Wendell Pierce, Lenny Kravitz, Jack Del Rio, Alfre Woodard, Dr. John, Harry Shearer, Clay Hensley, Dave Matthews, Bryan Batt, Justin Shiels, John Goodman, Emeril Lagasse, Roberto Méndez, Eric Harvey, Payton Manning, Leah Chase, James Carville, Drew Brees, Eli Manning, Lisa Mackel Smith, Shirley Lee, Anne Milling en Mary Matalin.

125 535 mense het reeds geteken!

HET JY GEWEET?

Dave Matthews is oorspronklik van Suid-Afrika. Hy is ‘n legandariese kitaarspeler en sy musiekstyl is baie soos dié van surfer en sanger Jack Johnson. Matthews is gereeld betrokke by liefdadigheidsorganisasies en hou gereeld konserte ten bate van ons planeet.

Dave het in Januarie vanjaar by die MusiCares Person of the YearThe Needle and the Damage Done” van Neil Young gesing.

Bronne: trendhunter.com en liquida.com