FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Celeb-verhoudings in 2012 op die rotse

Tom Cruise en Katie Holmes se verbrokkelde huwelik was vanjaar se grootste nuus, met Heidi Klum en Seal se egskeiding kort op hul hakke. Holmes het vir Cruise onkant betrap toe sy hom op stel vir ‘n egskeiding dagvaar ná vele bespiegelinge oor sy Sciëntologiese geloofsoortuigings, en Klum loop deesdae hart op die mou rond oor haar verhouding met haar lyfwag, Martin Kristen.

Demi Moore

‘n Ander verrassing was Ashton Kutcher en Demi Moore se egskeiding wat steeds voortsleep, met geen regsaksie van enige kant af nie. Kutcher en Mila Kunis lyk dolverlief op foto’s in die media, en Demi probeer steeds aangaan met haar lewe.

Akteur Johnny Depp se verhouding met Vanessa Paradis het in Junie vanjaar tot ‘n einde gekom, maar die rede daarvoor bly ‘n geheim. Maar Johnny is glo dolverlief op Amber Heard, en volgens mediaberigte is hulle nou ‘n paartjie.

Katy Perry

Akteur Dennis Quaid se vrou Kimberley het hom pas verlaat. Sy wou hom reeds in Maart dagvaar vir ‘n egskeiding, maar het van plan verander. Bronne meen dié keer is dit regtig verby ná Kimberley in Oktober aangedring het dat hulle skei. Dit sal Dennis se derde egskeiding wees. Hy was voorheen met Meg Ryan getroud.

Die akteurs se geluk draai net nie… Les Misérables-ster Russell Crowe het onlangs erken dat hy en sy vrou, Danielle Spencer, uitmekaar is.

Die sangeres Katy Perry (foto links) en komediant-akteur Russell Brand is in Julie geskei ná ‘n huwelik van 14 maande. Perry gaan nou uit met die sanger John Mayer, en Brand is alles behalwe in sy skik daarmee…

Adam Levine en Behati Prinsloo

Maroon 5-sanger Adam Levine het in April vanjaar opgebreek met Victoria’s Secrets-model Anne Vyalitsyna, sy meisie van 2 jaar. Hy en Behati Prinsloo, die Namibiese Victoria’s Secret-model, is nou bymekaar.

Akteur David Arquette en aktrise Courtney Cox is ‘n week voor hul 13de huweliksherdenking in Junie geskei. Hulle sou albei toesig oor hul 8-jarige dogtertjie, Coco, kry.

  • Shireen

    Die meisie saam met Ashton is nie Mila Kunis nie, maar wel Lea Michelle van Glee.

  • bekkie

    sjoe ek’s so dankbaar weer eens vir my tuisteskeper lewe,ek sien waarlik nie kaans vir so n deur mekaar lewe soos die mense nie,nie eers vir n miljoen $ nie,Egbreek het n vreeslike groot rol in die mense se lewens,dis hartseer dat hulle sulke losbandige lewens styl moet lewe 🙁