FOTO Instagram

FOTO Instagram

Het jy gehoor?

Celebs en hul spesies

Glanssterre is nie net altyd die inspirasie vir klerereekse, juwele of parfuums nie. Dikwels word eienaardige spesies ook na hulle genoem. Hier is van die celebs wie se naam ook in die dierewêreld koning kraai.

Sir Elton John – Leucothoe eltoni

Celebs spesies 12

Toe die wetenskaplike dr. James Thomas van die Halmos-kollege in Florida  op ’n nuwe garnaalspesie in Indonesië afkom, kon hy aan niemand anders as die Britse sanger sir Elton John dink nie. Volgens Thomas het hy sy hele loopbaan lank altyd in die laboratorium na sir Elton geluister. En in 2015 is dié garnaal Leucothoe eltoni gedoop.

 

Beyoncé – Scaptia beyonceae

Celebs spesies 13

In 1981, dieselfde jaar as wat dié Grammy-wenner gebore is, is ’n perdeby met  ’n goue agterstewe ontdek. Die perdeby het voor 2011 geen wetenskaplike naam gehad nie, en daardie jaar het wetenskaplikes gereken Beyoncé is die perfekte naam vir dié perdeby.

 

 Sting - Dendropsophus stingi

Celebs spesies 14

Vir sy volhoubare poging om die reënwoude te red is ’n boompadda in 1994 na die Britse sanger Sting genoem. Die padda staan bekend as Dendropsophus stingi.

 

Lady Gaga – Gaga germanotta

Celebs spesies 15

Wie sou kon raai dat ’n plant na Lady Gaga genoem is? Die varing is in 2012 die naam Gaga germanotta gegee. Die sanger is as Stefani Germanotta gebore.

 

Harrison Ford – Pheidole harrisonfordi

Celebs spesies 16

Die aksiester Harrison Ford kan ook spog dat ’n mier, Pheidole harrisonfordi, na hom genoem is. Hy het dié verering gekry vir sy rol in bewaring.

 

 John Cleese – Avahi cleesei

Celebs spesies 17

John se veldtog om die bedreigde lemurspesie te red het gesorg dat hierdie halfaap in 2005 as Avahi cleesei gedoop is.

Lees nou

Rooitapyt-rokke by die ACM-toekennings

Desiré Gardner vanaand in Suidooster!