FOTO Clinton Lubbe

FOTO Clinton Lubbe

Het jy gehoor?

Celebs met ’n kop vir besigheid

Het jy al ooit gewens jy het ekstra geld? Daardie rande wat jy by jou salaris kan voeg wat jou lewe gaan verander? As jy een van dié sakevroue is, dan neem jy jou geld en begin ’n besigheid wat vir jou nóg meer geld maak. 

Cindy Nell het haar Mej. SA-kroon ingeruil vir ’n plek in die kollig as TV-aanbieder. Intussen het sy haar hoed as sakevrou opgesit met haar besigheid, Cosmetix, wat Caribbean Tan-selfverbruiningsprodukte en Catrice- en Essence-produkte versprei.

“Dit was ’n natuurlike oorgang om van model en skoonheidskoningin betrokke te raak in die skoonheidsbedryf – in my geval is dit skoonheidsprodukte,” vertel Cindy aan Fanie Cronjé.  

“Almal in die lewe kry geleenthede. Die verskil tussen iemand wat suksesvol is en iemand wat dalk minder suksesvol is, is of jy bereid is om risiko’s te loop en of jy bereid is om ekstra moeite in te sit om daai geleentheid te laat werk.

“Jy is nie net eensklaps suksesvol nie. Daar is baie ure wat agter die skerms ingaan wat mense nie sien nie, en baie dinge wat tog nie so suksesvol is nie voordat jy dít kry wat wel werk.

Ek dink ek is gelukkig omdat ek weet waarvan baie vroue hou. Dit is ’n talent wat ek het en ook iets wat ek oor die jare aangeleer het.

- Cindy Nell

“Ek is goed met mense. Ek hoor wat mense sê as hulle praat oor byvoorbeeld pryse en klere. Ek gaan ook elke jaar na konferensies toe waar mense praat oor trends.”

Hier’s Cindy se raad

• Weet wat is jou sterk- en swakpunte.

• Hou by dit wat jou passie is en waarvoor jy lief is – as jy dít doen, sal dit nooit soos werk voel nie.

• As jy voel daar is ’n gaping in die mark, kan jy dit netsowel self vul.

FOTO: Facebook Catrice SA

FOTO Facebook Catrice SA

Oorsee maak akteurs dikwels baie geld, maar in die plaaslike bedryf is dit nie altyd so nie. Karen Wessels wat nou in Fluiters op kykNET te sien is, het besluit genoeg is genoeg. Akteur-wees betaal nie genoeg nie en sy is nou besig met haar meestersgraad in rekeningkunde.

“Ek wou meer hê as net die akteurswêreld en ek moet ook voorsiening maak vir my oudag. Ek moes ʼn back-up plan hê,” sê Karen.

groet_die_grotvrou_karen_wessels_1

FOTO Karen Wessels

Kyk net hier na die internasionale bekendes wat die geld verder laat inrol met hul sakevernuf. 

Gwyneth Paltrow se leefstyl-blog en e-winkel, Goop, is ’n sukses. Dit het sewe jaar gelede begin as ’n nuusbrief waarin Gwyneth vir haar intekenaars leefstyl-idees gegee het. Vandag teken meer as  ʼn miljoen mense op haar nuusbrief in.

Haar blog het gou gegroei tot ʼn aanlyn winkel en het verder ontwikkel tot opskietwinkels oraloor Amerika wat klere, skoene en leefstylprodukte verkoop. Sedert Januarie verkoop sy ook Goop-skoonheidsprodukte.

Mary-Kate en Ashley Olsen het as kinderakteurs baie aandag getrek. Hulle is veral bekend vir hul rolle in die sitkom Full House. Vandag het hulle ʼn moderyk van $300 miljoen sterk.

The Row, wat begin het as ʼn eksklusiewe bekostigbare reeks wat by die Amerikaanse kettingwinkel Walmart beskikbaar was, is vandag ikonies. Nou is dit aanlyn te koop en ook in hul eie boetieks in Los Angeles en New York. Dis gesog onder high street-kopers en modeliefhebbers wêreldwyd. Ironies genoeg is die twee mode-magnate onaktief op sosiale media.

Jessica Alba, aktrise en model, is mede-eienaar van The Honest Company, ’n verbruikersmaatskappy wat nie-toksiese produkte vervaardig.

Ongelukkig word The Honest Company nou gedagvaar omdat die produkte glo wel gevaarlike stowwe bevat, berig CNN.

Blake Lively, wat veral bekend is vir die TV-reeks Gossip Girl, het ’n aanlyn winkel en leefstylblog, Preserve, begin, maar moes dié webtuiste toemaak.

Sy het intussen by Jessica Alba gaan aanklop vir hulp en gebruik nou die lesse wat sy met Preserve geleer het om binnekort haar nuwe winkel-avontuur aan te pak.

Blake Lively en Ryan Reynolds verwag tweede kind

Super-werklikheidster Kim Kardashian besit Kardashian Beauty saam met haar susters Khloé en Kourtney. Hul haarprodukte is ook in Suid-Afrika beskikbaar.

Die Kardashian-sakeryk het ʼn klerereeks, parfuum, dieet-aanvullings en ook ʼn winkel in die Mirage Hotel in Las Vegas. Hul empire is na bewering $65 miljoen (sowat R1 miljard) werd.

Kim Kardashian wen toekenning vir selfies