FOTO Getty Images / Gallo Images

FOTO Getty Images / Gallo Images

Het jy gehoor?

Celebs se vreemde fobies

Gedink jou vrees vir hoogtes of die donker is ongegrond? Los dit vir Hollywood-sterre om hul vreemde fobies te deel. 

Kendall Jenner het nou net ’n groot mode-hoogtepunt bereik met haar Vogue September-voorblad, maar het ook gedeel dat sy aan tripofobie ly: die vrees vir gaatjies.

Hoewel medici nog nie dié fobie erken nie, word lyers glo naar as hulle iets sien wat ’n klomp klein gaatjies naby mekaar het. Kendall het op haar blog geskryf dat klein gaatjies in snaakse patrone haar uit-freak: 

“Dinge soos pannekoeke, heuningkoek of lotus-koppe (die ergste!). Dit klink belaglik maar soveel mense ly hieraan! Ek kan nie eers na klein gaatjies kyk nie, dit veroorsaak die ergste angs. Wie weet wat is daarin??”

Die blog Refinery29 wat ook hierdie storie dra, het (heel sarkasties?) dié foto by hul storie geplaas. Dis Kendall by die Met Gala vroeër vanjaar met ’n rok vol gaatjies.

Maar dis nie presies die tipe gaatjies waaroor sy praat nie. Kyk hier na Ranker se lys met 53 foto’s wat mense met tripofobie laat gril. Ek het nie eens dié fobie nie, maar van die foto’s het my ook bietjie dieper laat asemhaal …

Kyk weg, Kendall – hier’s plaatkoekies!

Foto deur Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Ander vreemde fobies

Madonna is toe nie so vreesloos soos ons gedink het nie. Dié musiek-ikoon is glo bang vir donderweer.

Die Pirates of the Caribbean-akteur Orlando Bloom vrees varke.

En die voormalige sokkerheld David Beckham is bang dat sy klere dalk nie bymekaar pas nie!

Die kletskoningin Oprah Winfrey het weer ’n fobie vir kougom.

Pamela Anderson hou glo nie daarvan om haarself te sien nie – in spieëls of op TV …

Nicole Kidman is oukei met slange en spinnekoppe, maar moenie ’n skoenlapper naby haar bring nie.

Bronne: Kendallj.comRefinery29, Ranker, LolWat, BuzzFeed

Lees ook

Louis & Lise se Wie is ek: Hoe oorkom ek ‘n fobie?