www_go4celebrity_com_lindsay_lohan_063_1024x768_htm
Het jy gehoor?

Celebs wat al in die tronk was – raai wie?

Die Lohan-mediasirkus duur voort en daar is nou bewerings dat sy, indien sy haar gedra, slegs 14 dae in die tjoekie hoef deur te bring…

Maar daar was al vele ander wat agter tralies toegesluit is vir verskeie redes. Hier’s ‘n paar:

Blade-akteur Wesley Snipes gaan nou vir 3 jaar tronk toe omdat hy tussen 199 en 2001 belasting ontduik het.

Akteur Kiefer Sutherland is tronk toe vir dronkbestuur.

Amerikaanse voetbalspeler OJ Simpson het 33 jaar gekry vir ‘n rooftog- en ontvoering-saak in Las Vegas.

Sophia Loren was in 1982 vir drie weke in die tronk vir belasting-ontduiking.

Aktrise Zsa Zsa Gabor het ‘n polisieman in 1989 aangerand en daarvoor moes sy 3 nagte in die tronk oorslaap. Zsa Zsa het pas (20 Julie) ‘n heupvervanging gehad en sterk nou aan in die hospitaal.

Robert Downey Jr moes vir ‘n jaar agter tralies bly oor hy kokaïene in sy besit gehad het.

Paris Hilton moes in Junie 2007 22 dae in die tronk deurbring vir presies dieselfde redes as Lindsay Lohan.

Dwelms…

Dwelms het al veroorsaak dat ‘n hele paar A-lys-bekendes gearresteer is: Mischa Barton, Louis Armstrong, Ray Charles, Joe Cocker, McCauley Culkin, Snoop Dogg, Art Garfunkel, Whitney Houston, Haley Joel Osment en Mick Jagger. Daar is nog baie om by hierdie lysie te voeg… Klik om lees