Het jy gehoor?

Celine Dion kanselleer konserte

Sy’t pas ‘n hele lot vertonings by Las Vegas se Caesars Palace reeds gekanselleer.

Ná wat vermoedelik slegs ‘n paar dae sou neem, het ontaard in ‘n rusperiode tot en met 9 Junie 2012.

“Ek’t geen beheer oor my stem by ‘n klanktoets verlede week gehad nie. Ons het gedink dat dit binne ‘n paar dae sou beter wees, maar dit was glad nie die geval nie,” het Dion onlangs gesê.

Dr. Gerald Burke van die UCLA Mediese Sentrum in Los Angeles het ‘n virale infeksie van haar stembande by haar gediagnoseer.

Dion het verlede jaar teruggekeer na Las Vegas vir ‘n 3 jaar-kontrak. Die Las Vegas Strip dobbelhuis het sowat $95 miljoen (R675 miljoen) bestee om die Colosseum vir Dion te laat bou. Sy’t vir vyf jaar daar opgetree, toe op ‘n wêreldtoer gegaan en haar tweeling in 2010 gehad.

Die kaartjies vir haar vertoning in Las Vegas kos omtrent $250 (R1875) elk.

Die dokter sê sy sal 100% reg wees met haar terugkeer na die verhoog>
“Natuurlik is dit die ergste ding wat met enige sanger kan gebeur. Ek voel selfs slegter nou dat ek weet ek stel my aanhangers teleur… Ek hoop hulle kan my vergewe.”