Het jy gehoor?

Céline Dion vernoem een van haar tweelingseuns na Madiba

Só berig People.com

Nelson is vernoem na Nelson Mandela, wie Dion twee jaar gelede tydens die afskop van haar wêreldtoer in Suid-Afrika ontmoet het. “Céline en René was enkele minute in Madiba se geselskap, maar sy menswees het hulle geïnspireer,” het Dion se woordvoerder gesê.

Eddy is vernoem na Eddy Marnay, die vervaardiger van Dion se eerste 5 albums.
“Eddy was soos ‘n pa vir Céline, en het so ‘n enorme deel van Céline en René se lewens uitgemaak,” het sy bygesê.

Oor die tweeling

“Hulle is so oulik. Wanneer ons na hulle kyk, kan ons dit eintlik nie glo nie. En om hulle hier by die huis te hê is meer as waarvoor ons kan vra,” het Céline gesê. “Hulle voed nou elke 2 ure. Ek kry nie baie slaap in nie, en ja, ek’s moeg. Maar dit is wat ek wil hê,” sê sy. 

Oor die hartseer

“Vir ‘n week lank was ek swanger met ‘n drieling, maar met ons volgende doktersbesoek kon ons net twee hartkloppe hoor. Die babatjie het besluit om te gaan om plek te maak vir die ander twee. Dit het baie vroeg in die swangerskap gebeur, maar dit skok ‘n mens steeds,” het Céline gesê.

Vir die volledige storie, klik by www.hellomagazine.com

  • wcOe6X grfcfphhhpao, [url=http://cvmczexkfzwb.com/]cvmczexkfzwb[/url], [link=http://elgxysgzinbl.com/]elgxysgzinbl[/link], http://blybekfslryj.com/

  • cakqiuiyyt

    AQ0NzG lwpakdwottip, [url=http://hrxkhuveexfj.com/]hrxkhuveexfj[/url], [link=http://adwtpdegfyjz.com/]adwtpdegfyjz[/link], http://lwysgnwxrlpk.com/