Het jy gehoor?

Céline Dion se boodskap vir Romanz

Romanz het dié legendariese sangeres in Monaco ontmoet toe hulle by prinses Charlene se koninklike troue gesing het, berig esctoday.com.

Hulle neem deel aan Eurovision, ’n sangkompetisie wat regoor die hele Europa plaasvind. Céline was die wenner van dié gesogte wedstryd in 1988, en dit het haar internasionale loopbaan ongelooflik goed gedoen.

Sy het in ’n persoonlike boodskap aan die Romanz-manne die volgende gesê: “Baie sterkte met Eurovision, julle. Ek weet hoeveel dit vir julle beteken en wens vir julle net die beste!”

In hierdie stadium van die wedstryd word daar gestem vir die finaliste om sekere Europese lande te verteenwoordig. Indien Romanz deurdring na die volgende ronde sal hulle Switserland verteenwoordig.

  • Roy van der Merwe

    Baie dankie Sarie – wonderlik dat julle reeds ‘n TWEEDE berig doen