adele21
Het jy gehoor?

Celine sing Adele-treffer – wat dink jy?

Toe Celine Dion die naweek dié treffer van Adele in Las Vegas gesing het, het sy net voor haar optrede gesê: “Ek is so lief vir Adele! Sy’s wonderlik.”

Dié vertoning was Celine se eerste sedert sy weer op die been is nadat ‘n virus haar stembande aangetas het. Ook Adele is einde laas jaar geopereer om groeisels van haar stembande te verwyder.

Celine gaan 36 vertonings tot en met 19 Augustus in Las Vegas doen.

Luister na die liedjie. Van wie se vertolking hou jy die meeste?