Chad le Clos

Het jy gehoor?

Chad le Clos ambassadeur vir Olimpiese Jeugspele

Die 21-jarige Chad sal as ambassadeur raad gee en sy ervarings deel met die jong atlete van die tweede Jeugspele. Hyself het in 2010 vyf medaljes losgeswem by dié Spele toe dit in Singapoer gehou is.

“Die Olimpiese Jeugspele was vir my ‘n groot bousteen en het my gehelp om voor te berei vir die druk wat op my gewag het in my eerste Olimpiese Spele in Londen,” sê Chad.

Hy het in 2011 een van OMEGA-horlosies se ambassadeurs geword. Dié maatskappy sal die amptelike tydhouer by die Jeugspele wees. OMEGA sal hom ook in sy rol as ambassadeur vir die Spele ondersteun.

Chad het tot dusver vanjaar twee wêreldtitels by die FINA-Wêreldkampioenskap in Barcelona ingepalm, en ook ‘n nuwe wêreldrekord in die 200 m-vlinderslag by die FINA-Wêreldbekerkampioenskap in Eindhoven, Nederland, opgestel.

Wie beter as Chad om jong atlete te motiveer?