Het jy gehoor?

Chad le Clos is 21!

Suid-Afrika se gunsteling goue seun is uiteindelik 21 en hy vier die groot dag sommer met twee partytjies – een in Durban en nóg een in Johannesburg.

Chad le Clos word 21

Dié Olimpiese kampioen het vroeg reeds op Twitter ‘n foto van sy eerste verjaardaggeskenk gewys – ’n pienk t-hemp waarop staan COUGARS LOVE ME. Die geskenk is vir hom gegee deur een van sy ondersteuningsklubs Chad’s Ladies (@chadcougars op Twitter) – ‘n groep van 5 vroue regoor die wêreld wat hom ondersteun.

Hy het verder op sosiale media vir die wêreld gesê hoeveel hy uitsien na dié mylpaal-verjaarsdag.

Hy het ook ’n foto van homself en kleinboet, Jordan, getwiet. Kyk hoe baie lyk hulle na mekaar! Jordan wil glo hê hy en ouboet moet bypassende klere na die groot partytjie dra.

Lesers kan kaartjies koop vir Chad se 21ste partytjie wat op 26 April in Sandton gehou word. Gaan kyk op Facebook vir nog inligting daaroor. Meer inligting oor sy Durban-partytjie die volgende dag, sal binnekort beskikbaar wees.

Baie geluk met die groot 21, Chad! Mag jy nog baie medaljes inpalm! Jy kan hom ook op Twitter gelukwens met die spesiale dag by @chadleclos. Voeg sommer #birthdayfest by.

[box:full:grey:both]

[/box]

’n Boek oor Chad, Unforgettable, word tans deur Myan Subrayan, wat ook medeskrywer van Pierre Spies se biografie was, geskryf.

[box:full:grey:both]

[/box] [box:full:red:both]

*Lees in die Mei-uitgawe van SARIE oor Chad se spesiale verhouding met sy ma, Geraldine. Vanaf 15 April op die rakke.
[/box]