FOTO Siphiwe Sibeko /  Reuters

FOTO Siphiwe Sibeko / Reuters

Het jy gehoor?

Chad en Bert se nuwe avontuur

Volgende jaar verruil SA se goue vlinder Chad Le Clos die warm waters van Durban vir Tafelberg en die Suidooster. Ja, Chad, trek Kaap toe om ’n nuwe hoofstuk van sy loopbaan aan te durf: The Chad Le Clos Academy. 

Vir ’n hele ruk het Chad en sy pa, Bert Le Clos, gesoek na die perfekte swembad – nie net om te oefen nie, maar een waar hy ook sy akademie kan vestig.

“Toe kry ons die perfekte swembad by ’n Afrikaanse hoërskool,” het Bert le Clos laggend aan SARIE.com vertel.

FOTO: Sean Laurént

FOTO Sean Laurént

Chad sal van volgende jaar af saam met ses ander swemmers en sy eie internasionale afrigter, wat hy nog nie bekend gaan maak nie, by die swembad van Hoërskool Jan van Riebeeck oefen.

Hy het dié opwindende nuus tydens ’n intieme geleentheid, waar SARIE.com ook was, bekend gemaak.

“Ek hoop om die Wes-Kaap die beste swemprovinsie te maak,” het Chad in sy toespraak gesê.

Volgens Bert sal Chad hierdie nuwe hoofstuk loshande aanpak.

“Hy is net ’n ongelooflike, ongelooflike seun. Só sterk, ’n kampioen, hy sal dit kan regkry.”

Chad en sy boetie, Jordan FOTO: Instagram (@chadleclos92)

Chad en sy boetie, Jordan
FOTO Instagram / @chadleclos92

Chad is opgewonde om ’n Kapenaar te word, hoewel hy nooit die Durbaniet in hom sal vergeet nie, het hy aan SARIE.com gesê.

Volgende jaar sal sy pa, Bert, en ma, Geraldine, nie 1 636,31 km ver woon nie. Hulle kom ook Kaap toe.

“Ja, ons kom ook!” lag Bert.

Ons sien uit na jou nuwe hoofstuk, Chad!

Lees nou

Prembaba’s: Drie vegtertjies se verhaal

Wessels van Koekedoor kook